2 Samuel
22 En Dawid het die woorde van hierdie lied+ tot Jehovah gespreek op die dag toe Jehovah hom uit die palm van al sy vyande+ en uit Saul se palm verlos het;+ 2 en hy het gesê:
“Jehovah is my groot rots+ en my vesting+ en die Een wat aan my ontkoming verskaf.+
3 My God is my rots.+ Tot hom sal ek my toevlug neem,
7 In my benoudheid het ek Jehovah bly aanroep,+
En tot my God het ek bly roep.+
Toe het hy uit sy tempel my stem gehoor,+
Met my hulpgeroep in sy ore.+
8 En die aarde het heen en weer begin skud en bewe;+
Ja, die fondamente van die hemel het in beroering geraak,+
En hulle het heen en weer bly skud omdat hy vertoornd was.+
9 Rook het by sy neusgate opgegaan, en vuur uit sy mond het bly verteer;+
Kole het uit hom opgevlam.+
11 En hy het op ’n gerub aangery gekom+ en het aangevlieg gekom;
En hy was sigbaar op die vlerke van ’n gees.+
13 Uit die glans voor hom het brandende vuurkole opgevlam.+
16 En die stroombeddings van die see het sigbaar geword,+
Die fondamente van die vrugbare land+ is blootgelê,
Deur die bestrawwing van Jehovah, weens die geblaas van die asem van sy neusgate.+
19 Hulle het hulle teenoor my bly stel op die dag van my ongeluk,+
Maar Jehovah het my steun geword.+
23 Want al sy regterlike beslissings+ is voor my;
En wat sy insettinge betref, ek sal nie daarvan afwyk nie.+
26 Met iemand wat lojaal is, sal u lojaal handel;+
Met die onberispelike, sterk man sal u onberispelik handel;+
27 Teenoor die een wat rein bly, sal u u rein betoon,+
En teenoor die verdorwene sal u asof met dwaasheid optree.+
31 Wat die ware God betref, volmaak is sy weg;+
Die woord van Jehovah is gelouter.+
’n Skild is hy vir almal wat hulle toevlug tot hom neem.+
33 Die ware God is my sterk vesting,+
En hy sal my weg volmaak laat wees,+
34 Deur my voete soos dié van die takbokooie te maak;+
En op plekke wat vir my hoog is, hou hy my staande.+
38 Ek sal my vyande agtervolg, om hulle te verdelg,
En ek sal nie terugkeer voordat hulle uitgeroei is nie.+
39 En ek sal hulle uitroei en hulle verpletter,+ sodat hulle nie sal opstaan nie;+
En hulle sal onder my voete val.+
40 En u sal my met lewenskragtigheid omgord vir die stryd;+
U sal dié wat teen my opstaan, onder my laat inmekaarsak.+
41 En wat my vyande betref, u sal my beslis die agterkant van hulle nek gee;+
Dié wat my intens haat—ek sal hulle ook tot swye bring.+
43 En ek sal hulle fynstamp soos die stof van die aarde;
Soos die modder van die strate sal ek hulle vermorsel;+
Ek sal hulle platslaan.
44 En u sal aan my ontkoming verskaf van die foutvindery van my volk.+
U sal my bewaar om die hoof van nasies te wees;+
’n Volk wat ek nie geken het nie—hulle sal my dien.+
47 Jehovah lewe;+ en mag my Rots geloof word;+
En laat die God van die rots van my redding verhef word.+