1 Konings
2 En die dae van Dawid het geleidelik nader gekom dat hy moes sterf;+ en hy het sy seun Salomo bevel gegee en gesê: 2 “Ek gaan die weg van die hele aarde,+ en jy moet sterk wees+ en wys dat jy ’n man is.+ 3 En jy moet die verpligting teenoor Jehovah jou God nakom deur in sy weë te wandel,+ deur sy insettinge, sy gebooie en sy regterlike beslissings+ en sy getuienisse te onderhou, volgens wat in die wet van Moses geskrywe staan,+ sodat jy omsigtig kan optree in alles wat jy doen en oral waarheen jy jou wend; 4 sodat Jehovah sy woord kan uitvoer wat hy oor my gespreek het+ deur te sê: ‘As jou seuns+ op hulle weg ag gee deur met hulle hele hart+ en met hulle hele siel in waarheid+ voor my te wandel,+ sal daar vir jou nie ’n man ontbreek wat op die troon van Israel sit nie.’+
5 “En jy weet ook goed wat Joab, die seun van Seruʹja, my aangedoen het+ deur wat hy met twee leërhoofde van Israel gedoen het, met Abner,+ die seun van Ner, en Amaʹsa,+ die seun van Jeter,+ toe hy hulle doodgemaak en oorlogsbloed+ in vredestyd laat vloei het en oorlogsbloed laat kom het aan sy gordel wat om sy heupe was en in sy sandale wat aan sy voete was. 6 En jy moet ooreenkomstig jou wysheid handel+ en sy grys hare nie in vrede+ na Sjeool laat afdaal nie.+
7 “En teenoor die seuns van Barsilʹlai,+ die Gileadiet, moet jy liefderyke goedhartigheid bewys, en hulle moet onder dié wees wat aan jou tafel eet;+ want so het hulle na my toe gekom+ toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.+
8 “En kyk, by jou is Siʹmeï,+ die seun van Gera, die Benjaminiet uit Bahuʹrim,+ en dit was hy wat die dag toe ek na Mahanaʹim+ gegaan het, ’n vloek oor my uitgespreek het met ’n pynlike vervloeking;+ en hý het afgekom om my by die Jordaan te ontmoet,+ sodat ek vir hom by Jehovah gesweer en gesê het: ‘Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.’+ 9 En nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie,+ want jy is ’n wyse+ man en jy weet goed wat jy met hom behoort te doen, en jy moet sy grys+ hare met bloed na Sjeool laat afdaal.”+
10 Toe het Dawid met sy voorvaders ontslaap,+ en hy is in die Stad van Dawid begrawe.+ 11 En die dae dat Dawid oor Israel regeer het, was veertig jaar.+ In Hebron+ het hy sewe jaar regeer,+ en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar regeer.+
12 Wat Salomo betref, hy het op die troon van sy vader Dawid gaan sit;+ en sy koningskap is geleidelik baie stewig gevestig.+
13 Na verloop van tyd het Adoʹnia, die seun van Haggit, na Batʹseba,+ Salomo se moeder, toe gekom. En sy het gesê: “Is jou koms vreedsaam?”+ waarop hy gesê het: “Dit is vreedsaam.” 14 En hy het verder gesê: “Ek het ’n woord vir u.” Toe het sy gesê: “Spreek.”+ 15 En hy het gesê: “U weet goed dat die koningskap myne moes geword het, en op my het die hele Israel hulle aangesig gerig, dat ek koning sou word;+ maar daar het ’n ommekeer in die koningskap gekom, en dit het my broer s’n geword, want deur Jehovah het dit syne geword.+ 16 En nou is daar een versoek wat ek tot u rig. Moenie my aangesig afwys nie.”+ Toe het sy vir hom gesê: “Spreek.” 17 En hy het gesê: “Sê asseblief vir koning Salomo (want hy sal u aangesig nie afwys nie) dat hy Abiʹsag,+ die Sunammiet,+ aan my as vrou moet gee.” 18 Hierop het Batʹseba gesê: “Goed! Ek sal namens jou met die koning praat.”
19 Toe het Batʹseba na koning Salomo toe gegaan om namens Adoʹnia met hom te praat.+ Dadelik het die koning opgestaan+ om haar te ontmoet en hom voor haar neergebuig.+ Toe het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning ’n troon laat neersit, sodat sy aan sy regterhand kon sit.+ 20 En sy het gesê: “Daar is een klein versoek wat ek tot u rig. Moenie my aangesig afwys nie.” Toe het die koning vir haar gesê: “Rig dit, my moeder; want ek sal u aangesig nie afwys nie.” 21 En sy het gesê: “Laat Abiʹsag, die Sunammiet, aan u broer Adoʹnia as vrou gegee word.” 22 Hierop het koning Salomo geantwoord en vir sy moeder gesê: “En waarom vra u Abiʹsag, die Sunammiet, vir Adoʹnia? Vra ook die koningskap vir hom+ (want hy is my broer wat ouer is as ek),+ ja, vir hom en vir die priester Abjaʹtar+ en vir Joab,+ die seun van Seruʹja.”+
23 Daarop het koning Salomo by Jehovah gesweer en gesê: “Mag God so aan my doen en mag hy so daaraan toevoeg+ as Adoʹnia hierdie saak nie ten koste van sy siel gespreek het nie.+ 24 En nou, so waar as Jehovah lewe,+ wat my stewig bevestig het+ en my op die troon van my vader Dawid laat sit+ en wat vir my ’n huis gemaak het+ net soos hy gespreek het,+ vandag sal Adoʹnia doodgemaak word.”+ 25 Onmiddellik het koning Salomo gestuur deur middel van Benaʹja,+ die seun van Joʹjada; en hy het hom aangeval, sodat hy gesterf het.+
26 En vir die priester Abjaʹtar+ het die koning gesê: “Gaan na Aʹnatot,+ na jou grond! Want jy verdien die dood;+ maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Soewereine Heer Jehovah+ voor my vader Dawid gedra het+ en omdat jy in ellende verkeer het gedurende al die tyd dat my vader in ellende verkeer het.”+ 27 So het Salomo Abjaʹtar verdryf, sodat hy nie meer as ’n priester van Jehovah gedien het nie, om Jehovah se woord te vervul wat hy in Silo+ teen die huis van Eli gespreek het.+
28 En die berig het Joab+ bereik—want Joab was geneig om Adoʹnia te volg,+ hoewel hy nie geneig was om Absalom te volg nie+—en Joab het na die tent+ van Jehovah gevlug en aan die horings van die altaar begin vashou.+ 29 Toe is daar vir koning Salomo gesê: “Joab het na die tent van Jehovah gevlug, en kyk, hy is langs die altaar.” Daarop het Salomo Benaʹja, die seun van Joʹjada, gestuur en gesê: “Gaan, val hom aan!”+ 30 Toe het Benaʹja by die tent van Jehovah gekom en vir hom gesê: “Só het die koning gesê: ‘Kom uit!’” Maar hy het gesê: “Nee! Want hier+ sal ek sterf.” Daarop het Benaʹja vir die koning berig gebring en gesê: “Só het Joab gesê, en só het hy my geantwoord.” 31 Toe het die koning vir hom gesê: “Doen net soos hy gesê het en val hom aan; en jy moet hom begrawe en die bloed+ wat onverdiend vergiet is, wat Joab laat vloei het,+ van my en van die huis van my vader verwyder. 32 En Jehovah sal beslis sy bloed op sy eie hoof laat terugkom,+ omdat hy twee manne wat regverdiger en beter as hy was, aangeval+ en hulle met die swaard doodgemaak het, terwyl my vader Dawid nie daarvan geweet het nie,+ naamlik Abner,+ die seun van Ner, die leërhoof van Israel,+ en Amaʹsa,+ die seun van Jeter, die leërhoof van Juda.+ 33 En hulle bloed sal tot onbepaalde tyd op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag terugkom;+ maar vir Dawid+ en vir sy nageslag en vir sy huis en vir sy troon sal daar tot onbepaalde tyd vrede van Jehovah af wees.”+ 34 Toe het Benaʹja, die seun van Joʹjada, opgegaan+ en hom aangeval en hom doodgemaak;+ en hy is by sy huis in die wildernis begrawe. 35 Daarop het die koning Benaʹja,+ die seun van Joʹjada, in sy plek oor die leër aangestel;+ en die koning het die priester Sadok in die plek van Abjaʹtar aangestel.+
36 Laastens het die koning gestuur en Siʹmeï+ laat roep en vir hom gesê: “Bou vir jou ’n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en nie daarvandaan uitgaan na hierdie en daardie plek nie. 37 En op die dag dat jy uitgaan en wanneer jy oor die Kidronstroomvallei+ trek, moet jy beslis weet dat jy sekerlik sal sterf.+ Die bloedskuld vir jou sal op jou eie hoof wees.”+ 38 Hierop het Siʹmeï vir die koning gesê: “Die woord is goed. Net soos my heer die koning gesê het, so sal u kneg doen.” En Siʹmeï het baie dae in Jerusalem gebly.
39 En na verloop van drie jaar het twee slawe+ van Siʹmeï weggeloop na Agis,+ die seun van Maʹäga, die koning van Gat;+ en mense het Siʹmeï kom vertel en gesê: “Kyk! Jou slawe is in Gat.” 40 Onmiddellik het Siʹmeï opgestaan en sy esel opgesaal en na Gat gegaan, na Agis toe, om sy slawe te soek; waarna Siʹmeï gegaan en sy slawe van Gat af gebring het. 41 Toe is daar vir Salomo gesê: “Siʹmeï het uit Jerusalem na Gat gegaan en is terug.” 42 Daarop het die koning gestuur en Siʹmeï laat roep+ en vir hom gesê: “Het ek jou nie by Jehovah onder eed gestel om jou te waarsku nie+ deur te sê: ‘Op die dag dat jy uitgaan en wanneer jy hierheen en daarheen gaan, moet jy beslis weet dat jy sekerlik sal sterf’, en het jy nie toe vir my gesê: ‘Die woord is goed wat ek gehoor het’ nie?+ 43 Waarom het jy dan nie die eed van Jehovah+ en die gebod wat ek jou plegtig opgelê het,+ gehou nie?” 44 En die koning het verder vir Siʹmeï gesê: “Jy ken beslis al die kwaad wat jou hart goed weet jy my vader Dawid aangedoen het;+ en Jehovah sal beslis die kwaad wat jy aangerig het, op jou eie hoof laat terugkom.+ 45 Maar koning Salomo sal geseënd wees,+ en die troon van Dawid sal vir ewig stewig gevestig wees voor Jehovah.”+ 46 Daarop het die koning bevel gegee aan Benaʹja, die seun van Joʹjada, wat toe uitgegaan en hom aangeval het, sodat hy gesterf het.+
En die koninkryk is stewig gevestig in die hand van Salomo.+