1 Kronieke
19 En daarna het Nahas,+ die koning van die kinders van Ammon, te sterwe gekom, en sy seun het in sy plek begin regeer.+ 2 Daarop het Dawid gesê: “Ek sal liefderyke goedhartigheid+ bewys teenoor Hanun, die seun van Nahas, omdat sy vader liefderyke goedhartigheid teenoor my bewys het.”+ Toe het Dawid boodskappers gestuur om hom oor sy vader te troos, en die knegte van Dawid het in die land van die kinders van Ammon+ by Hanun gekom om hom te troos. 3 Die vorste van die kinders van Ammon het egter vir Hanun gesê: “Eer Dawid u vader in u oë deurdat hy vertroosters na u toe gestuur het? Is dit nie om die land deeglik te deursoek en te verwoes en te verken+ dat sy knegte na u toe gekom het nie?”+ 4 Daarop het Hanun die knegte van Dawid geneem+ en hulle geskeer+ en hulle klere in die helfte afgesny tot by hulle sitvlak+ en hulle weggestuur.+ 5 Later het mense gegaan en Dawid van die manne vertel; en hy het dadelik gestuur om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie verneder; en die koning het gesê: “Bly in Jeʹrigo+ totdat julle baard welig groei. Dan moet julle terugkeer.”
6 Met verloop van tyd het die kinders van Ammon gesien dat hulle ’n stank geword het+ vir Dawid, en Hanun+ en die kinders van Ammon het duisend talente silwer+ gestuur om vir hulle strydwaens+ en ruiters uit Mesopotaʹmië en uit Aʹram-Maʹäga+ en uit Soba+ te huur. 7 So het hulle vir hulle twee-en-dertigduisend strydwaens+ en die koning van Maʹäga en sy manskappe gehuur.+ Toe het hulle ingekom en voor Medeʹba+ kamp opgeslaan; en wat die kinders van Ammon betref, hulle het uit hulle stede bymekaargekom en toe gekom om oorlog te voer.
8 Toe Dawid dit hoor, het hy onmiddellik Joab+ en die hele leër en die sterk manne+ gestuur. 9 En die kinders van Ammon het begin uittrek en hulle by die ingang van die stad in slagorde opgestel, en die konings+ wat gekom het, was afsonderlik in die oop veld.
10 Toe Joab sien dat die stormaanvalle van voor en van agter teen hom gerig is, het hy dadelik uit al die uitgesoekte manne in Israel ’n aantal gekies en hulle in slagorde opgestel om die Siriërs tegemoet te trek.+ 11 En die res van die manskappe het hy in die hand van sy broer Abiʹsai+ gegee, sodat hulle hulle in slagorde kon opstel om die kinders van Ammon+ tegemoet te trek. 12 En hy het gesê: “As die Siriërs+ vir my te sterk word, dan moet jy vir my ’n redding wees;+ maar as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, dan sal ek jou red.+ 13 Wees sterk,+ sodat ons moedig kan wees ten behoewe van ons volk en ten behoewe van die stede van ons God;+ en wat Jehovah betref, hy sal doen wat goed is in sy oë.”+
14 Toe het Joab en die manskappe wat by hom was, voor die Siriërs na die geveg opgeruk,+ en hulle het voor hom gevlug.+ 15 Wat die kinders van Ammon betref, hulle het gesien dat die Siriërs gevlug het, en hulle het ook voor sy broer Abiʹsai gevlug+ en toe in die stad ingekom.+ Later het Joab in Jerusalem ingekom.
16 Toe die Siriërs sien dat hulle voor Israel verslaan is,+ het hulle boodskappers gestuur en die Siriërs uitgebring wat in die streek van die Rivier+ was, met Sofag, die leërhoof van Hadadeʹser, voor hulle.
17 Toe daar aan Dawid berig gebring is, het hy onmiddellik die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en by hulle gekom en hom in slagorde teen hulle opgestel.+ Toe Dawid hom in slagorde opgestel het om die Siriërs tegemoet te trek, het hulle teen hom begin veg. 18 Maar die Siriërs het weens Israel gevlug;+ en Dawid het van die Siriërs seweduisend strydwadrywers en veertigduisend voetsoldate doodgemaak, en Sofag, die leërhoof, het hy doodgemaak.+ 19 Toe die knegte van Hadadeʹser sien dat hulle voor Israel verslaan is,+ het hulle dadelik met Dawid vrede gemaak en hom begin dien;+ en Sirië wou die kinders van Ammon nie weer probeer red nie.+