2 Kronieke
24 Joas was sewe jaar oud toe hy begin regeer het,+ en hy het veertig jaar in Jerusalem regeer.+ En sy moeder se naam was Sibʹja, uit Berseʹba.+ 2 En Joas+ het bly doen wat reg was in Jehovah se oë,+ al die dae van die priester Joʹjada.+ 3 En Joʹjada het vir hom twee vrouens geneem, en hy het die vader van seuns en dogters geword.+
4 En daarna het dit Joas na aan die hart gelê om die huis van Jehovah op te knap.+ 5 Toe het hy die priesters+ en die Leviete bymekaargebring en vir hulle gesê: “Gaan uit na die stede van Juda en maak uit die hele Israel geld bymekaar om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel;+ en wat julle betref, julle moet gou optree in die saak.” En die Leviete het nie gou opgetree nie.+ 6 Daarom het die koning Joʹjada, die hoof, geroep en vir hom gesê:+ “Waarom het jy nie van die Leviete rekenskap geëis vir die inbring van die heilige belasting uit Juda en Jerusalem, wat deur Moses,+ die kneg van Jehovah, voorgeskryf is nie, ja, dié van die gemeente van Israel, vir die tent van die Getuienis?+ 7 Want wat die goddelose vrou Ataʹlia betref, haar seuns+ het in die huis van die ware God ingebreek,+ en selfs al die heilige+ dinge van die huis van Jehovah het hulle aan die Baäls geoffer.”+ 8 Toe het die koning die woord gespreek, en daarop het hulle ’n kis+ gemaak en dit buite by die poort van die huis van Jehovah gesit. 9 Daarna het hulle ’n oproep deur die hele Juda en Jerusalem laat gaan om vir Jehovah die heilige belasting+ te bring wat deur Moses,+ die kneg van die ware God, in die wildernis aan Israel voorgeskryf is. 10 En al die vorste+ en die hele volk het bly geword,+ en hulle het aangehou om dit te bring en in die kis te gooi+ totdat hulle almal gegee het.
11 En op die regte tyd het hy die kis deur die hand van die Leviete+ onder die sorg van die koning gebring, en wanneer hulle gesien het dat daar baie geld was,+ het die sekretaris+ van die koning en die opsigter van die hoofpriester gekom en die kis dan leeggemaak en dit opgetel en op sy plek teruggesit. So het hulle van dag tot dag gedoen, sodat hulle geld in oorvloed ingesamel het. 12 Die koning en Joʹjada het dit dan aan dié gegee wat die dienswerk van Jehovah se huis gedoen het,+ en hulle het die klipkappers+ en die vakmanne+ gehuur om Jehovah se huis op te knap,+ en ook die bewerkers van yster en koper om Jehovah se huis te herstel.+ 13 En dié wat die werk gedoen het, het met die werksaamhede begin,+ en die herstelwerk het deur hulle hand gevorder, en uiteindelik het hulle gemaak dat die huis van die ware God staan soos dit struktureel moes wees en dit sterk gemaak. 14 En toe hulle klaar was, het hulle die res van die geld voor die koning en Joʹjada gebring, en hulle het voorwerpe vir die huis van Jehovah gemaak, voorwerpe vir die diens+ en om offers te bring en bekers+ en goue+ en silwervoorwerpe; en hulle het voortdurend brandoffers+ in die huis van Jehovah gebring, al die dae van Joʹjada.
15 En Joʹjada was oud en versadig van jare+ en het uiteindelik gesterf; hy was honderd-en-dertig jaar oud by sy dood. 16 En hulle het hom in die Stad van Dawid by die konings begrawe,+ omdat hy goed gedoen het in Israel+ en teenoor die ware God en Sy huis.
17 En ná Joʹjada se dood het die vorste+ van Juda ingekom en hulle voor die koning neergebuig. Toe het die koning na hulle geluister.+ 18 En hulle het die huis van Jehovah, die God van hulle voorvaders, geleidelik verlaat en die heilige pale+ en die afgode+ begin dien, sodat daar verontwaardiging teen Juda en Jerusalem ontstaan het weens hierdie skuld van hulle.+ 19 En hy het profete+ onder hulle bly stuur om hulle na Jehovah terug te bring; en dié het teen hulle bly getuig, maar hulle het nie geluister nie.+
20 En God se gees+ het Sagariʹa,+ die seun van Joʹjada,+ die priester, omhul,+ sodat hy bo die volk opgestaan en vir hulle gesê het: “Só het die ware God gesê: ‘Waarom oortree julle die gebooie van Jehovah, sodat julle nie suksesvol kan wees nie?+ Omdat julle Jehovah verlaat het, sal hý julle verlaat.’”+ 21 Uiteindelik het hulle teen hom saamgesweer+ en hom op bevel van die koning met klippe gegooi+ in die voorhof van Jehovah se huis. 22 En koning Joas het nie gedink aan die liefderyke goedhartigheid wat sy vader Joʹjada teenoor hom bewys het nie,+ sodat hy sy seun doodgemaak het, wat, toe hy sterwend was, gesê het: “Mag Jehovah daarop let en dit terugeis.”+
23 En by die jaarwisseling+ het ’n krygsmag van Sirië+ teen hom opgetrek,+ en hulle het Juda en Jerusalem begin binneval. Toe het hulle al die vorste+ van die volk onder die volk uit verdelg, en al hulle buit het hulle na die koning van Damaskus+ gestuur. 24 Want met ’n klein aantal manne het die krygsmag van die Siriërs ’n inval gedoen,+ en Jehovah het ’n baie groot krygsmag in hulle hand gegee,+ omdat hulle Jehovah, die God van hulle voorvaders, verlaat het; en aan Joas het hulle strafgerigte voltrek.+ 25 En toe hulle van hom af wegtrek (want hulle het hom met baie kwale+ agtergelaat), het sy knegte teen hom saamgesweer+ weens die bloed+ van die seuns van die priester Joʹjada;+ en hulle het hom op sy slaapbank doodgemaak, sodat hy gesterf het.+ Toe het hulle hom in die Stad van Dawid+ begrawe, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings+ begrawe nie.
26 En dít was die samesweerders teen hom: Sabad,+ die seun van Siʹmeat, die Ammonitiese vrou, en Joʹsabad, die seun van Simrit, die Moabitiese vrou. 27 Wat sy seuns en die oorvloed van uitsprake teen hom+ en die grondvesting+ van die huis van die ware God betref, kyk, dit is opgeteken in die uiteensetting van die Boek+ van die konings. En sy seun Amaʹsia+ het in sy plek begin regeer.