Job
10 “My siel het beslis ’n weersin in my lewe.+
Ek sal uiting gee aan my besorgdheid oor myself.
Ek sal in die bitterheid van my siel praat!
2 Ek sal vir God sê: ‘Moet my nie goddeloos verklaar nie.
Maak aan my bekend waarom u met my twis.
3 Is dit goed vir u dat u onreg sou doen,+
Dat u die vrug van die harde werk van u hande sou verwerp+
En dat u oor die raad van die goddeloses lig sou laat skyn?
5 Is u dae soos die dae van ’n sterflike mens,+
Of u jare net soos die dae van ’n man,
6 Dat u my oortreding sou probeer vind
En na my sonde sou bly soek?+
13 En hierdie dinge het u in u hart verberg.
Ek weet goed dat hierdie dinge by u is.
14 As ek gesondig het en u voortdurend op my ag gegee het+
En u my met betrekking tot my oortreding nie onskuldig ag nie;+
15 As ek verkeerd is, wee my!+
En as ek reg is, mag ek my kop nie oplig nie,+
Oorversadig van oneer en deurdrenk van ellende.+
16 En as dit hoogmoedig handel,+ sal u soos ’n jong leeu op my jag maak,+
En u sal in my geval weer wys dat u wonderbaar is.
17 U sal u nuwe getuies voor my bring,
En u sal u ergernis teen my groter maak;
Teëspoed op teëspoed is by my.
18 Waarom het u my dan uit ’n moederskoot laat kom?+
As ek maar kon gesterf het, sodat geen oog my kon sien nie,
19 Daar moes ek geword het asof ek nooit bestaan het nie;
Van die moederskoot af moes ek na die graf gebring gewees het.’
20 Is my dae nie min nie?+ Laat hy ophou,
Laat hy sy blik van my afwend, sodat ek ’n bietjie vrolik+ kan wees
21 Voordat ek weggaan—en ek sal nie terugkom nie+—
Na die land van duisternis en diep skaduwee,+
22 Na die land waar die duisternis soos die donkerheid is, die land van diep skaduwee
En wanorde, waar dit net so min as die donkerheid straal.”