Job
12 En Job het geantwoord en gesê:
3 Ook ek het ’n hart+ net soos julle.
Ek staan nie vir julle terug nie,+
En by wie is daar nie sulke dinge nie?
4 Ek word iemand wat ’n voorwerp van bespotting vir sy medemens is,+
Iemand wat God aanroep sodat hy hom sou antwoord.+
’n Voorwerp van bespotting is die regverdige, die onberispelike.
6 Die tente van die plunderaars is onbesorg,+
En dié wat God se woede verwek, het die veiligheid
Wat behoort aan iemand wat ’n god in sy hand gebring het.+
7 Maar vra asseblief die mak diere, en hulle sal jou onderrig;+
Ook die voëls van die hemel, en hulle sal jou vertel.+
8 Of rig jou aandag op die aarde, en dit sal jou onderrig;+
En die visse van die see+ sal dit aan jou bekend maak.
9 Wie onder hulle almal weet nie goed
Dat die hand van Jehovah dit gedoen het nie,+
10 In wie se hand die siel+ is van almal wat lewe,
En die gees van alle menslike vlees?+
14 Kyk! Hy breek af, sodat daar nie opgebou word nie;+
Hy sluit dit vir die mens, sodat dit nie oopgemaak word nie.+
15 Kyk! Hy hou die waters terug, en hulle droog op;+
En hy stuur hulle, en hulle verander die aarde.+
16 By hom is sterkte en praktiese wysheid;+
Aan hom behoort die een wat ’n fout begaan en die een wat ander op ’n dwaalspoor bring;+
17 Hy laat raadgewers kaalvoet loop,+
En hy laat regters waansinnig word.
19 Hy laat priesters kaalvoet loop,+
En dié wat permanent gesetel is, werp hy omver;+
20 Hy verwyder die spraak van die getroues,
En die verstandigheid van ou manne neem hy weg;
21 Hy stort veragting op edeles uit,+
En die gordel van die magtiges maak hy slap;
22 Hy lê diep dinge uit die duisternis bloot,+
En hy bring diep skaduwee uit in die lig;
23 Hy laat die nasies groot word, sodat hy hulle kan vernietig;+
Hy brei die nasies uit, sodat hy hulle kan wegvoer;
24 Hy neem die hart van die volkshoofde van die land weg,
Sodat hy hulle kan laat ronddwaal in ’n leë plek,+ waar daar geen pad is nie.