13 “Kyk! Dit alles het my oog gesien,
My oor het dit gehoor en gee ag daarop.
2 Wat julle weet, weet ek ook goed;
Ek staan nie vir julle terug nie.+
3 Maar ék sou met die Almagtige wou praat,+
En ek sou behae daarin skep om met God te redeneer.
4 Julle daarenteen beswadder met leuens;+
Julle is almal kwaksalwers.+
5 As julle maar net heeltemal wou stilbly,
Sodat dit wysheid van julle kant sou wees!+
6 Hoor asseblief my teenargumente,+
En skenk aandag aan die pleidooie van my lippe.
7 Sal julle namens God onregverdigheid spreek,
En sal julle namens hom bedrog spreek?+
8 Sal julle hom partydig behandel,+
Of sal julle vir die ware God ’n regstryd voer?
9 Sou dit goed wees as hy julle pols?+
Of sal julle hom vir die gek hou soos ’n sterflike mens vir die gek gehou word?
10 Hy sal julle gewis teregwys+
As julle in die geheim partydigheid probeer toon;+
11 Sal sy waardigheid julle nie van skrik laat opspring
En vrees vir hom op julle val nie?+
12 Julle gedenkwaardige gesegdes is spreuke van as;
Julle skildknoppe is soos skildknoppe van klei.+
13 SWYG voor my, sodat ek kan praat.
Laat dan oor my kom wat wil!
14 Waarom neem ek my vlees in my tande
En plaas ek my siel in my palm?+
15 Al sou hy my ombring, sou ek dan nie wag nie?+
Ek sou net ten gunste van my eie weë voor sy aangesig redeneer.
16 Hy sou ook my redding wees,+
Want voor hom sal geen afvallige inkom nie.+
17 LUISTER na my woorde tot die einde toe,+
En laat my verklaring in julle ore wees.
18 Kyk asseblief, ek het ’n regsaak voorgelê;+
Ek weet goed dat ek reg is.
19 Wie is dit wat met my sal twis?+
Want as ek nou sou stilbly, sou ek eenvoudig sterf!
20 Moet my net twee dinge nie aandoen nie;
Dan sal ek my nie bloot weens u+ verberg nie;
21 Verwyder u hand ver van my af,
En die skrik vir u—mag dit my nie verskrik nie.+
22 Roep sodat ek kan antwoord;
Of laat ek praat, en gee u my antwoord.
23 In watter opsig het ek oortredings en sondes?
Maak aan my my opstandigheid en my sonde bekend.
24 Waarom verberg u u aangesig+
En beskou u my as ’n vyand van u?+
25 Sal u ’n blote blaar wat rondgewaai word, laat sidder,
Of voortdurend ’n droë stoppel agternasit?
26 Want u bly bitter dinge teen my skryf+
En u laat my die gevolge van die oortredings van my jeug dra.+
27 Ook hou u my voete voortdurend in die blok,+
En u gee ag op al my paaie;
Vir my voetsole trek u u streep.
28 En hy is soos iets verrots wat vergaan;+
Soos ’n kleed wat deur ’n mot opgeëet word.+