Job
21 En Job het geantwoord en gesê:
2 “Luister aandagtig na my woord,
En laat dít julle vertroosting word.
4 Wat my betref, word my besorgdheid dan teenoor ’n mens geuiter?
Of waarom raak my gees nie ongeduldig nie?
6 En as ek daaraan gedink het, het ek ook ontsteld geraak,
En siddering het my vlees aangegryp.
8 Hulle nageslag is stewig by hulle gevestig voor hulle aangesig,
En hulle nakomelinge voor hulle oë.
11 Hulle bly hulle jong seuns uitstuur net soos ’n kudde,
En hulle seuntjies huppel rond.
12 Hulle verhef voortdurend hulle stem saam met die tamboeryn en harp,+
En is altyd bly by die geluid van die fluit.
14 En hulle sê vir die ware God: ‘Wend u van ons af!+
En in die kennis van u weë het ons geen behae geskep nie.+
15 Wat is die Almagtige, dat ons hom moet dien,+
En watter nut het dit vir ons dat ons met hom in aanraking gekom het?’+
16 Kyk! Hulle welstand is nie in hulle mag nie.+
Die raad van die goddeloses het ver van my af gebly.+
17 Hoeveel keer word die lamp van die goddeloses uitgedoof,+
En hoeveel keer kom hulle ongeluk oor hulle?
Hoeveel keer deel hy in sy toorn vernietiging uit?+
19 God sal iemand se skadelikheid vir sy kinders opspaar;+
Hy sal hom vergeld sodat hy dit kan weet.+
21 Want watter behae sal hy skep in sy huis ná hom,
Wanneer die getal van sy maande werklik in twee gesny sal wees?+
23 Ja, hy sal sterf terwyl hy van al die nodige voorsien is,+
Wanneer hy geheel en al sorgeloos en gerus is;
24 Wanneer sy dye vol vet geword het
En die murg van sy gebeente vogtig gehou word.
28 Want julle sê: ‘Waar is die huis van die edele,
En waar is die tent, die wonings van die goddeloses?’+
29 Het julle nie dié gevra wat op die paaie reis nie?
En ondersoek julle nie ook hulle tekens sorgvuldig nie,
30 Dat ’n boosaard gespaar word op die dag van ongeluk,+
Dat hy verlos word op die dag van grimmigheid?