Job
27 En Job het weer sy spreuk+ aangehef en gesê:
2 “So waar as God lewe,+ wat my reg weggeneem het,+
En so waar as die Almagtige lewe, wat my siel bitter gemaak het,+
3 Terwyl my asem nog heeltemal in my is,
En die gees van God in my neusgate is,+
4 Sal my lippe geen onregverdigheid spreek nie
En sal my tong geen bedrog mompel nie!
5 Dit is vir my ondenkbaar dat ek julle regverdig sou verklaar!+
Totdat ek sterf, sal ek my onkreukbaarheid+ nie prysgee nie!
6 Aan my geregtigheid het ek vasgehou, en ek sal dit nie laat los nie;+
My hart sal my nie oor een van my dae smaad nie.+
7 Laat my vyand in elke opsig ’n goddelose mens word,+
En die een wat teen my in opstand kom, werklik ’n kwaaddoener.
10 Of sal hy hom uitermate verlustig in die Almagtige?
Sal hy God te alle tye aanroep?
13 Dit is die goddelose mens se deel wat van God kom;+
En die erfdeel van die tiranne sal hulle van die Almagtige ontvang.
16 As hy silwer ophoop soos stof,
En hy klere gereedmaak asof dit klei is,
17 Sal hy dit gereedmaak, maar die regverdige sal dit aantrek,+
En die onskuldige sal ’n aandeel in die silwer hê.
19 Ryk sal hy gaan lê, maar niks sal versamel word nie;
Sy oë het hy oopgemaak, maar daar sal niks wees nie.+
20 Soos waters sal skielike verskrikkinge hom oorval;+
In die nag sal ’n stormwind hom beslis wegsteel.