Job
9 En Job het geantwoord en gesê:
4 Hy is wys van hart en sterk in krag.+
Wie kan hardkoppig teenoor hom wees en ongedeerd daarvan afkom?+
5 Hy verskuif berge,+ sodat mense nie eens van hulle weet nie,
Hy wat hulle in sy toorn omgekeer het.+
7 Hy sê vir die son dat dit nie moet skyn nie,
En die sterre verseël hy rondom,+
8 Hy wat alleen die hemel uitspan+
En op die hoë golwe van die see loop;+
9 Wat die Asj-sterrebeeld, die Kesil-sterrebeeld
En die Kima-sterrebeeld+ en die binnekamers van die Suide maak;
10 Wat groot, ondeurgrondelike dinge doen,+
En wonderlike dinge sonder tal.+
14 Hoeveel te meer as ek hom antwoord!
Ek sal my woorde teenoor hom kies,+
15 Hom wat ek nie sou antwoord nie, al was ek werklik reg.+
My teenstander in die regsaak sou ek om guns smeek.+
16 As ek hom roep, sou hy my antwoord?+
Ek glo nie dat hy na my stem sou luister nie;
17 Hy wat my met ’n storm vermorsel
En beslis my wonde sonder rede talryk maak.+
18 Hy sal my dit nie vergun om weer asem te skep nie,+
Want hy hou aan om my met bitterhede te oorlaai.
19 As iemand sterk is in krag, is hy daar;+
En as iemand sterk is in geregtigheid, ag, as ek maar gedagvaar sou word!
20 As ek reg was, sou my eie mond my goddeloos verklaar;
Was ek onberispelik, dan sou hy my verdorwe verklaar.
21 Was ek onberispelik, sou ek my siel nie ken nie;
Ek sou my lewe verwerp.
23 As ’n stortvloed skielik die dood sou meebring,
Sou hy met die wanhoop van die onskuldiges spot.
24 Die aarde is in die hand van die goddelose gegee;+
Hy bedek die gesig van die regters.
As dit nie hy is nie, wie is dit dan?
25 Ook het my dae vinniger as ’n hardloper geword;+
Hulle het gevlug, hulle sal beslis nie die goeie sien nie.
26 Hulle het voortbeweeg soos rietbote,
Soos ’n arend wat heen en weer skiet op soek na iets om te eet.+
30 As ek my in sneeuwater gewas het
En ek my hande in potas gereinig het,+
31 Dan sou u my in ’n kuil dompel,
En my klere sou my beslis verfoei.
32 Want hy is nie ’n man+ soos ek dat ek hom sou antwoord nie,
Dat ons saam na die gereg sou gaan nie.
35 Laat my praat en nie vir hom bang wees nie,
Want in my is ek nie daartoe geneig nie.