’n Melodie van danksegging.+
100 Roep Jehovah triomfantlik toe, alle bewoners van die aarde.+
2 Dien Jehovah met blydskap.+
Kom voor hom met vreugdegeroep.+
3 Weet dat Jehovah God is.+
Ons is deur hom gemaak, nie deur onsself nie.+
Ons is sy volk en die skape van sy weiding.+
4 Gaan sy poorte in met danksegging,+
Sy voorhowe met lof.+
Dank hom, loof sy naam.+
5 Want Jehovah is goed;+
Sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd,+
En sy getrouheid van geslag tot geslag.+