Psalms
’n Gebed van die geteisterde as hy swak word en sy besorgdheid voor Jehovah uitstort.+
2 Moenie u aangesig vir my verberg op die dag dat ek in groot nood verkeer nie.+
Neig u oor tot my;+
Haas u, antwoord my, op die dag dat ek roep.+
3 Want my dae het tot ’n einde gekom net soos rook,+
En my gebeente is rooiwarm gemaak net soos ’n vuurherd.+
9 Want ek het as net soos brood geëet;+
En wat ek drink, het ek met gehuil gemeng,+
10 Weens u veroordeling en u verontwaardiging;+
Want u het my opgehef, sodat u my kon wegwerp.+
12 Wat u betref, o Jehovah, tot onbepaalde tyd sal u bly,+
En u gedagtenis sal van geslag tot geslag wees.+
13 U sal opstaan, u sal Sion barmhartig wees,+
Want dit is die tyd om hom gunstiggesind te wees,
Want die vasgestelde tyd het gekom.+
19 Want hy het uit sy heilige hoogte afgekyk,+
Ja, uit die hemel het Jehovah na die aarde gekyk,+
20 Om die gesug van die gevangene te hoor,+
Om dié wat vir die dood bestem is, los te maak;+
21 Sodat die naam van Jehovah in Sion bekend gemaak kan word+
En sy lof in Jerusalem,+
22 Wanneer die volke almal bymekaargebring word,+
En die koninkryke, om Jehovah te dien.+
24 Ek het gesê: “O my God,
Moet my nie in die helfte van my dae wegneem nie;+
U jare is deur al die geslagte heen.+
26 Hulle sal vergaan, maar u sal bly bestaan;+
En net soos ’n kleed sal hulle almal verslyt.+
Net soos klere sal u hulle vervang, en hulle beurt sal tot ’n einde kom.+
27 Maar u is dieselfde, en u jare sal nie tot ’n einde kom nie.+