Psalms
5 Dink aan sy wonderlike werke wat hy verrig het,+
Sy wonderwerke en die regterlike beslissings van sy mond,+
6 O saad van Abraham, sy kneg,+
O kinders van Jakob, sy uitverkorenes.+
8 Hy het aan sy verbond gedink, ja, tot onbepaalde tyd,+
Die woord wat hy beveel het, tot in duisend geslagte,+
9 Die verbond wat hy met Abraham gesluit het,+
En sy beëdigde verklaring aan Isak,+
10 Die verklaring wat hy vir Jakob as ’n voorskrif in stand gehou het,
Vir Israel as ’n verbond wat tot onbepaalde tyd duur,+
11 Toe hy gesê het: “Aan jou sal ek die land Kanaän gee+
As julle toegemete erfdeel.”+
14 Hy het geen mens toegelaat om hulle te kort te doen nie,+
Maar ter wille van hulle het hy konings tereggewys,+
15 Deur te sê: “MOENIE aan my gesalfdes raak nie,+
En moet my profete geen kwaad aandoen nie.”+
16 En hy het ’n hongersnood oor die land geroep;+
Hy het elke staf verbreek waaraan ringvormige brode gehang is.+
18 Met boeie het hulle sy voete geknel,+
In ysters het sy siel gekom;+
19 Tot die tyd dat sy woord gekom het,+
Het die woord van Jehovah hom gelouter.+
21 Hy het hom as heer oor sy huis aangestel+
En as heerser oor al sy eiendom,+
22 Om sy vorste volgens die behae van sy siel te bind+
En sodat hy selfs sy bejaarde manne wysheid sou leer.+
24 En hy het sy volk baie vrugbaar bly maak+
En hulle geleidelik magtiger laat word as hulle teenstanders.+
27 Hulle het die aangeleenthede van sy tekens onder hulle gestel,+
En die wonderwerke in die land van Gam.+
28 Hy het duisternis gestuur en dit so donker gemaak;+
En hulle het nie teen sy woorde in opstand gekom nie.+
35 En hulle het al die plante in hulle land opgeëet;+
Hulle het ook die vrugte van hulle grond opgeëet.
36 En hy het elke eersgeborene in hulle land getref,+
Die begin van hulle volle voortplantingsvermoë.+
37 En hy het hulle met silwer en goud begin uitlei;+
En onder sy stamme was daar niemand wat struikelend voortbeweeg het nie.
40 Hulle het gevra, en hy het kwartels gebring,+
En met brood uit die hemel het hy hulle bly versadig.+
41 Hy het ’n rots oopgemaak, en waters het begin uitvloei;+
Dit het soos ’n rivier deur die waterlose streke geloop.+
42 Want hy het gedink aan sy heilige woord aan sy kneg Abraham.+