Psalms
4 Dink aan my, o Jehovah, met die welwillendheid teenoor u volk.+
Sorg vir my met u redding,+
5 Sodat ek die goedheid teenoor u uitverkorenes+ kan sien,
Sodat ek bly kan wees met die blydskap van u nasie,+
Sodat ek met u erfdeel kan roem.+
7 Wat ons voorvaders in Egipte betref,
Hulle het geen insig in u wonderlike werke getoon nie.+
Hulle het nie aan die oorvloed van u grootse liefderyke goedhartigheid gedink nie,+
Maar hulle het hulle opstandig gedra by die see, by die Rooi See.+
9 Toe het hy die Rooi See bestraf, en dit het geleidelik opgedroog;+
En hy het hulle deur die waterdiepte laat gaan soos deur die wildernis;+
10 En so het hy hulle uit die hand van die hater gered+
En hulle uit die hand van die vyand teruggeëis.+
14 Maar hulle het hulle selfsugtige begeerte in die wildernis getoon+
En God in die woestyn op die proef gestel.+
19 Verder het hulle ’n kalf in Horeb gemaak+
En hulle voor ’n gegote beeld neergebuig,+
20 Sodat hulle my heerlikheid verruil het+
Vir ’n afbeelding van ’n bul, wat plante eet.+
21 Hulle het God, hulle Redder, vergeet,+
Wat groot dinge in Egipte gedoen het,+
22 Wonderlike werke in die land van Gam,+
Vreesinboesemende dinge by die Rooi See.+
23 En hy het op die punt gestaan om te sê dat hulle verdelg moes word,+
As Moses, sy uitverkorene, nie daar was nie,
Wat voor hom in die gaping gestaan het+
Om sy woede af te wend, sodat hy hulle nie sou vernietig nie.+
26 Toe het hy sy hand met betrekking tot hulle in ’n eed opgehef,+
Dat hy hulle in die wildernis sou laat val,+
27 En dat hy hulle nageslag onder die nasies sou laat val,+
En dat hy hulle in die lande sou verstrooi.+
28 En hulle het hulle aan Baäl van Peor begin verbind+
En die offerandes van die lewelose dinge geëet.+
29 Aangesien hulle deur hulle handelinge aanstoot gegee het,+
Het ’n plaag toe onder hulle uitgebreek.+
32 Verder het hulle by die waters van Meʹriba toorn verwek,+
Sodat dit met Moses sleg gegaan het weens hulle.+
38 So het hulle onskuldige bloed bly vergiet,+
Die bloed van hulle seuns en hulle dogters,
Wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het;+
En die land is met bloedvergieting besoedel.+
39 En hulle het deur hulle werke onrein geword+
En voortdurend onsedelike gemeenskap deur hulle handelinge gehad.+
41 En hy het hulle herhaaldelik in die hand van die nasies gegee,+
Sodat hulle haters oor hulle sou heers,+
42 En sodat hulle vyande hulle sou onderdruk,
En sodat hulle onder hulle hand onderwerp sou word.+
43 Talle kere het hy hulle verlos,+
Maar hulle het hulle opstandig gedra in hulle ongehoorsame weg,+
En dan is hulle verlaag weens hulle oortreding.+
45 En dan het hy met betrekking tot hulle aan sy verbond gedink+
En spyt gevoel ooreenkomstig die oorvloed van sy grootse liefderyke goedhartigheid.+