115 Aan ons behoort niks, o Jehovah, aan ons behoort niks,+
Maar gee heerlikheid aan u naam+
Ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid, ooreenkomstig u waaragtigheid.+
2 Waarom sou die nasies sê:+
“Waar is hulle God dan nou?”+
3 Maar ons God is in die hemel;+
Alles wat dit hom behaag het om te doen, het hy gedoen.+
4 Hulle afgode is silwer en goud,+
Die handewerk van die mens.+
5 ’n Mond het hulle, maar hulle kan nie praat nie;+
Oë het hulle, maar hulle kan nie sien nie;+
6 Ore het hulle, maar hulle kan nie hoor nie.+
’n Neus het hulle, maar hulle kan nie ruik nie.+
7 Hande het hulle, maar hulle kan nie voel nie.+
Voete het hulle, maar hulle kan nie loop nie;+
Hulle uiter geen geluid met hulle keel nie.+
8 Dié wat hulle maak, sal net soos hulle word,+
Almal wat op hulle vertrou.+
9 O Israel, vertrou op Jehovah;+
Hy is hulle hulp en hulle skild.+
10 O huis van Aäron, stel julle vertroue in Jehovah;+
Hy is hulle hulp en hulle skild.+
11 Julle wat Jehovah vrees, vertrou op Jehovah;+
Hy is hulle hulp en hulle skild.+
12 Jehovah het aan ons gedink; hy sal seën,+
Hy sal die huis van Israel seën,+
Hy sal die huis van Aäron seën.+
13 Hy sal dié seën wat Jehovah vrees,+
Klein sowel as groot.+
14 Jehovah sal julle laat toeneem,+
Julle en julle kinders.+
15 Julle is die geseëndes van Jehovah,+
Die Maker van hemel en aarde.+
16 Wat die hemel betref, aan Jehovah behoort die hemel,+
Maar die aarde het hy aan die mensekinders gegee.+
17 Die dooies loof Jah nie,+
Ook niemand wat in die stilte afdaal nie.+
18 Maar ons sal Jah loof,+
Van nou af en tot onbepaalde tyd.+
LOOF Jah!+