116 Ek het lief, want Jehovah hoor+
My stem, my dringende versoeke.+
2 Want hy het sy oor tot my geneig,+
En al my dae sal ek roep.+
3 Die toue van die dood het my omring+
En die angswekkende omstandighede van Sjeool het my getref.+
Benoudheid en droefheid het ek deurentyd gevind.+
4 Maar ek het die naam van Jehovah aangeroep:+
“Ag, Jehovah, verskaf tog aan my siel ontkoming!”+
5 Jehovah is genadig en regverdig;+
En ons God bewys barmhartigheid.+
6 Jehovah bewaar die onervarenes.+
Ek het verarm, en hy het selfs my gered.+
7 Keer terug na jou rusplek, o my siel,+
Want Jehovah het gepas opgetree teenoor jou.+
8 Want u het my siel van die dood gered,+
My oog van trane, my voet van struikeling.+
9 Ek sal voor Jehovah wandel+ in die lande van die lewendes.+
10 Ek het geloof gehad,+ want ek het gepraat.+
Ek is grootliks geteister.
11 Ek het, toe ek paniekerig geraak het,+ gesê:
“Elke mens is ’n leuenaar.”+
12 Wat sal ek Jehovah vergoed+
Vir al sy weldade aan my?+
13 Die beker van grootse redding+ sal ek opneem,
En die naam van Jehovah sal ek aanroep.+
14 My geloftes sal ek aan Jehovah betaal,+
Ja, voor sy hele volk.
15 Kosbaar in die oë van Jehovah
Is die dood van sy lojales.+
16 Ag, o Jehovah,+
Ek is u kneg.+
Ek is u kneg, die seun van u slavin.+
U het my bande losgemaak.+
17 Aan u sal ek die dankoffer bring,+
En die naam van Jehovah sal ek aanroep.+
18 My geloftes sal ek aan Jehovah betaal,+
Ja, voor sy hele volk,+
19 In die voorhowe van die huis van Jehovah,+
In jou, o Jerusalem.+
LOOF Jah!+