’n Lied van die opgange.
130 Uit die dieptes het ek u aangeroep, o Jehovah.+
2 O Jehovah, hoor tog my stem.+
Laat u ore ag gee op die stem van my dringende versoeke.+
3 As u op oortredings ag gegee het,+ o Jah,
O Jehovah, wie sou kon bly staan?+
4 Want by u is daar ware vergifnis,+
Sodat u gevrees kan word.+
5 Ek het gehoop, o Jehovah, my siel het gehoop,+
En op sy woord het ek gewag.+
6 My siel het op Jehovah gewag,+
Meer as wagte op die oggend,+
Wat uitsien na die oggend.+
7 Laat Israel op Jehovah bly wag.+
Want daar is liefderyke goedhartigheid by Jehovah,+
En in oorvloedige mate is daar verlossing by hom.+
8 En hy sal Israel van al sy oortredings verlos.+