’n Lied van die opgange. Van Dawid.
133 Kyk! Hoe goed en hoe lieflik is dit
Dat broers in eenheid saam woon!+
2 Dit is soos die goeie olie op die kop,+
Wat afloop op die baard,
Aäron se baard,+
Wat afloop op die kraag van sy klere.+
3 Dit is soos die dou+ van Hermon+
Wat op die berge van Sion neerdaal.+
Want daar het Jehovah die seën gebied,+
Ja, lewe tot onbepaalde tyd.+