135 LOOF Jah!+
Loof die naam van Jehovah,+
Bring lof, o knegte van Jehovah,+
2 Julle wat in die huis van Jehovah staan,+
In die voorhowe van die huis van ons God.+
3 Loof Jah, want Jehovah is goed.+
Besing sy naam met melodieë, want dit is lieflik.+
4 Want Jah het Jakob vir hom uitgekies,+
Israel as sy spesiale eiendom.+
5 Want ek weet goed dat Jehovah groot is,+
En ons Here is meer as alle ander gode.+
6 Alles wat dit Jehovah behaag het om te doen, het hy gedoen+
In die hemel en op die aarde, in die seë en al die waterdieptes.+
7 Hy laat dampe opstyg van die einde van die aarde af;+
Hy het selfs sluise vir die reën gemaak;+
Hy bring die wind uit sy skatkamers te voorskyn,+
8 Hy wat die eersgeborenes van Egipte getref het,+
Mens sowel as dier.+
9 Hy het tekens en wonderwerke in jou uitgestuur, o Egipte,+
Oor Farao en oor al sy knegte;+
10 Hy wat baie nasies verslaan het+
En magtige konings gedood het,+
11 Ja, Sihon, die koning van die Amoriete,+
En Og, die koning van Basan,+
En al die koninkryke van Kanaän,+
12 En wat hulle land as ’n erfdeel gegee het,+
As ’n erfdeel aan sy volk Israel.+
13 O Jehovah, u naam is tot onbepaalde tyd.+
O Jehovah, u gedagtenis is van geslag tot geslag.+
14 Want Jehovah sal die regsaak van sy volk bepleit,+
En oor sy knegte sal hy spyt voel.+
15 Die afgode van die nasies is silwer en goud,+
Die werk van mensehande.+
16 ’n Mond het hulle, maar hulle kan glad nie praat nie;+
Oë het hulle, maar hulle kan niks sien nie;+
17 Ore het hulle, maar hulle kan na niks luister nie.+
Ook is daar geen gees in hulle mond nie.+
18 Dié wat hulle maak, sal net soos hulle word,+
Elkeen wat op hulle vertrou.+
19 O huis van Israel, LOOF Jehovah.+
O huis van Aäron, LOOF Jehovah.+
20 O huis van Levi, LOOF Jehovah.+
Julle wat Jehovah vrees, loof Jehovah.+
21 Mag Jehovah geloof word uit Sion,+
Hy wat in Jerusalem woon.+
LOOF Jah!+