Psalms
136 DANK Jehovah, want hy is goed:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+

3 Dank die Here van die here:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
4 Hy wat alleen wonderlike, groot dinge doen:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
5 Die Een wat die hemele met verstand gemaak het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
6 Die Een wat die aarde bo die waters uitgesprei het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
7 Die Een wat die groot ligte gemaak het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
8 Ja, die son om bedags te heers:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
9 Die maan en die sterre om snags saam te heers:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
10 Die Een wat Egipte in hulle eersgeborenes getref het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
11 En die Een wat Israel onder hulle uitgelei het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
12 Deur ’n sterk hand en deur ’n uitgestrekte arm:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;
13 Die Een wat die Rooi See verdeel het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
14 En wat Israel daar dwarsdeur laat trek het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
15 En wat Farao en sy krygsmag in die Rooi See afgeskud het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
16 Die Een wat sy volk deur die wildernis laat gaan het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
17 Die Een wat groot konings verslaan het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
18 En wat majestueuse konings gedood het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
19 Ja, Sihon, die koning van die Amoriete:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
20 En Og, die koning van Basan:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
21 En wat hulle land as ’n erfdeel gegee het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
22 As ’n erfdeel aan sy kneg Israel:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
23 Wat aan ons gedink het in ons vernederde toestand:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
24 En wat ons herhaaldelik van ons teenstanders weggeruk het:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
25 Die Een wat voedsel aan alle vlees gee:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd;+
26 Dank die God van die hemel:+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+