Van Dawid.
138 Ek sal u met my hele hart prys.+
Voor ander gode sal ek u met melodieë besing.+
2 Ek sal my in die rigting van u heilige tempel neerbuig,+
En ek sal u naam prys,+
Weens u liefderyke goedhartigheid+ en weens u waaragtigheid.+
Want u het u woord+ groot gemaak selfs bo u ganse naam.+
3 Op die dag dat ek geroep het, het u my geantwoord;+
U het my in my siel vrymoedig begin maak met krag.+
4 Al die konings van die aarde sal u prys, o Jehovah,+
Want hulle sal die woorde van u mond gehoor het.
5 En hulle sal sing van die weë van Jehovah,+
Want die heerlikheid van Jehovah is groot.+
6 Want Jehovah is hoog, en tog sien hy die nederige;+
Maar die verwaande ken hy net van ver af.+
7 As ek te midde van benoudheid wandel, sal u my in die lewe hou.+
Weens die toorn van my vyande sal u u hand uitsteek,+
En u regterhand sal my red.+
8 Jehovah sal voltooi wat in my belang is.+
O Jehovah, tot onbepaalde tyd is u liefderyke goedhartigheid.+
Moenie die werke van u hande laat vaar nie.+