Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.
139 O Jehovah, u het my deurvors, en u ken my.+
5 Van agter en van voor het u my beleër;
En u lê u hand op my.
8 As ek na die hemel sou opklim, sou u daar wees;+
En as ek my slaapbank in Sjeool sou uitsprei, kyk! u sou daar wees.+
9 As ek die vleuels+ van die dagbreek sou neem,
Sodat ek in die mees afgeleë see+ sou kon woon,
10 Ook daar sou u hand my lei+
En u regterhand my vashou.+
12 Selfs die duisternis sou vir u nie te donker wees nie,+
Maar die nag sou skyn soos die dag;+
Die duisternis sou net sowel die lig kon wees.+
14 Ek sal u prys, omdat ek op ’n vreesinboesemende wyse wonderbaar gemaak is.+
U werke is wonderbaar,+
Soos my siel alte goed weet.+
15 My gebeente was nie vir u verborge+
Toe ek in die geheim gemaak is,+
Toe ek in die diepste dele+ van die aarde geweef is nie.
16 U oë het selfs my embrio gesien,+
En in u boek was al die dele daarvan opgeskrywe,
Met betrekking tot die dae toe hulle gevorm is+
En nog nie een onder hulle daar was nie.
18 As ek hulle probeer tel, is hulle meer as selfs die sandkorrels.+
Ek het wakker geword, en tog is ek nog by u.+
19 As u, o God, tog maar die goddelose wou ombring!+
Dan sal selfs die bloedskuldige manne+ beslis van my af weggaan,
20 Wat dinge van u sê volgens hulle denkbeeld;+
Hulle het u naam op ’n onwaardige wyse gebruik+—u teenstanders.+