Psalms
’n Melodie van Dawid.
141 O Jehovah, ek het u aangeroep.+
Kom tog gou na my toe.+
Luister tog na my stem wanneer ek tot u roep.+
2 Mag my gebed soos reukwerk+ voor u berei word,+
Die opheffing van my palms soos die aandgraanoffer.+
4 Moenie my hart neig tot iets wat sleg is,+
Om in goddeloosheid berugte dade te pleeg+
Saam met mense wat skadelike dinge beoefen nie,+
Sodat ek nie van hulle lekkernye eet nie.+
5 As die regverdige my sou slaan, sou dit ’n liefderyke goedhartigheid wees;+
En as hy my sou teregwys, sou dit olie op die kop wees,+
Wat my kop nie sou wou weier nie.+
Want gedurende hulle rampspoed sou my gebed nog daar wees.+
6 Hulle regters is by die kante van die krans afgegooi,+
Maar hulle het my woorde gehoor, dat dit aangenaam is.+
7 Soos wanneer iemand op die aarde iets kloof en splyt,
Is ons beendere by die mond van Sjeool verstrooi.+
8 My oë is egter op u,+ o Jehovah, die Soewereine Heer.+
Tot u het ek my toevlug geneem.+
Moenie my siel uitgiet nie.+