Psalms
Maskil. Van Dawid, toe hy in die grot was.+ ’n Gebed.
142 Met my stem het ek tot Jehovah om hulp begin roep;+
Met my stem het ek tot Jehovah om guns begin roep.+
2 Voor hom het ek my besorgdheid bly uitstort;+
Voor hom het ek van my benoudheid bly vertel,+
3 Toe my gees+ in my versmag het.
Toe het u my weg geken.+
Op die pad waarlangs ek wandel,+
Het hulle ’n valstrik vir my verberg.+
4 Kyk na regs en sien
Dat daar niemand is wat my enige erkenning gee nie.+
My toevlug is vir my verlore;+
Niemand vra na my siel nie.+