’n Loflied, van Dawid.
א [ʼAʹlef]
145 Ek sal u verhef, o my God die Koning,+
En ek sal u naam loof tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+
ב [Bet]
2 Die hele dag sal ek u loof,+
En ek sal u naam loof tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+
ג [Giʹmel]
3 Jehovah is groot en baie lofwaardig,+
En sy grootheid is ondeurgrondelik.+
ד [Daʹlet]
4 Geslag na geslag sal u werke prys,+
En u magtige dade sal hulle verkondig.+
ה [Heʼ]
5 Die glorieryke prag van u waardigheid+
En die aangeleenthede van u wonderlike werke sal ek oordink.+
ו [Wau]
6 En hulle sal praat oor die sterkte van u vreesinboesemende dinge;+
En wat u grootheid betref, ek sal dit bekend maak.+
ז [Saʹjin]
7 Hulle sal die vermelding van u oorvloedige goedheid laat uitborrel,+
En weens u regverdigheid sal hulle met vreugde uitroep.+
ח [Get]
8 Jehovah is genadig en barmhartig,+
Word nie gou toornig nie en is groot in liefderyke goedhartigheid.+
ט [Tet]
9 Jehovah is goed vir almal,+
En sy barmhartighede is oor al sy werke.+
י [Jod]
10 Al u werke sal u prys, o Jehovah,+
En u lojales sal u loof.+
כ [Kaf]
11 Oor die heerlikheid van u koningskap sal hulle praat,+
En oor u mag sal hulle spreek,+
ל [Laʹmed]
12 Om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak+
En die heerlikheid van die prag van sy koningskap.+
מ [Mem]
13 U koningskap is ’n koningskap vir alle onbepaalde tye,+
En u heerskappy duur deur alle opeenvolgende geslagte.+
ס [Saʹmek]
14 Jehovah ondersteun almal wat val+
En rig almal op wat neergeboë is.+
צ [ʽAʹjin]
15 Op u is almal se oë hoopvol gerig,+
En u gee hulle hulle voedsel op die regte tyd.+
פ [Peʼ]
16 U maak u hand oop+
En bevredig die begeerte van alles wat lewe.+
צ [Sadeʹ]
17 Jehovah is regverdig in al sy weë+
En lojaal in al sy werke.+
ק [Kof]
18 Jehovah is naby almal wat hom aanroep,+
Almal wat hom in waaragtigheid aanroep.+
ר [Resj]
19 Aan die begeerte van dié wat hom vrees, sal hy voldoen,+
En hulle hulpgeroep sal hy hoor, en hy sal hulle red.+
ש [Sjin]
20 Jehovah bewaar almal wat hom liefhet,+
Maar al die goddeloses sal hy verdelg.+
ת [Tau]
21 My mond sal die lof van Jehovah uitspreek;+
En laat alle vlees sy heilige naam loof tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+