148 LOOF Jah!+
Loof Jehovah vanuit die hemele,+
Loof hom in die hoogtes.+
2 Loof hom, al sy engele.+
Loof hom, sy hele leër.+
3 Loof hom, son en maan.+
Loof hom, alle ligtende sterre.+
4 Loof hom, hemel der hemele+
En waters wat bo die hemele is.+
5 Laat hulle die naam van Jehovah loof;+
Want hy het bevel gegee, en hulle is geskep.+
6 En hy hou hulle vir ewig in stand, tot onbepaalde tyd.+
’n Voorskrif het hy gegee, en dit sal nie vergaan nie.+
7 Loof Jehovah van die aarde af,+
Seemonsters en alle waterdieptes,+
8 Vuur en hael, sneeu en dik rook,+
Stormwind, wat sy woord volbring,+
9 Berge en alle heuwels,+
Vrugtebome en alle seders,+
10 Wilde diere en alle mak diere,+
Kruipende diere en gevleuelde voëls,+
11 Konings van die aarde+ en alle volksgroepe,
Vorste+ en alle regters van die aarde,+
12 Jong+ manne en ook maagde,+
Ou manne+ saam met seuns.+
13 Laat hulle die naam van Jehovah loof,+
Want sy naam alleen is onbereikbaar hoog.+
Sy waardigheid is oor aarde en hemel.+
14 En hy sal die horing van sy volk verhef,+
Die lof van al sy lojales,+
Van die kinders van Israel, die volk wat naby hom is.+
LOOF Jah!+