Psalms
’n Gebed van Dawid.
17 Hoor tog wat regverdig is, o Jehovah; skenk tog aandag aan my smekende geroep;+
Luister tog na my gebed met lippe sonder bedrog.+
3 U het my hart ondersoek, u het in die nag inspeksie gehou,+
U het my gelouter; u sal ontdek dat ek nie agteraf planne beraam het nie.+
My mond sal nie oortree nie.+
4 Wat die bedrywighede van mense betref,
Deur die woord van u lippe het ek teen die paaie van die rower gewaak.+
7 Maak u dade van liefderyke goedhartighede wonderbaar,+ o Redder van dié wat toevlug soek
Teen dié wat teen u regterhand in opstand kom.+
8 Bewaar my soos die appel van die oog;+
Mag u my in die skaduwee van u vleuels verberg,+
9 Weens die goddeloses wat my geplunder het.
Die vyande teen my siel bly my omsingel.+
10 Hulle het hulle met hulle eie vet omsluit;+
Met hulle mond het hulle in hoogmoed gepraat;+
11 Wat ons voetstappe betref, nou het hulle ons omsingel;+
Hulle rig hulle oë daarop om na die aarde te neig.+
12 Hy is soos ’n leeu wat vurig verlang om te verskeur+
En soos ’n jong leeu wat in verborge plekke sit.
13 Staan tog op, o Jehovah; gaan hom tog voor sy aangesig teë;+
Laat hy hom neerbuig; verskaf tog met u swaard aan my siel ontkoming van die goddelose,+
14 Van mense, deur u hand, o Jehovah,+
Van mense van hierdie stelsel+ van dinge, wie se deel in hierdie lewe is+
En wie se buik u met u verborge skat vul,+
Wat versadig word met seuns+
En wat vir hulle kinders opspaar wat hulle laat oorbly.+