Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.
19 Die hemele maak die heerlikheid van God bekend;+
En die uitspansel verkondig die werk van sy hande.+
2 Die een dag na die ander dag laat spraak uitborrel,+
En die een nag na die ander nag openbaar kennis.+
4 Oor die hele aarde het hulle meetsnoer uitgegaan,+
En hulle woorde tot aan die einde van die vrugbare land.+
In hulle het hy ’n tent vir die son geplaas,+
5 En dié is soos ’n bruidegom wanneer hy uit sy bruidskamer kom;+
Hy verheug hom net soos ’n sterk man wanneer hy op ’n pad hardloop.+
6 Van die een einde van die hemel is sy uitgang,
En sy voltooide kring reik tot aan die ander eindes daarvan;+
En niks is verborge vir sy hitte nie.+
7 Die wet+ van Jehovah is volmaak;+ dit bring die siel terug.+
Die herinnering+ van Jehovah is betroubaar;+ dit maak die onervarene wys.+
9 Die vrees+ van Jehovah is suiwer; dit hou vir ewig stand.
Die regterlike beslissings+ van Jehovah is waar;+ tesame is hulle regverdig.+
10 Hulle is begeerliker as goud, ja, as goed gelouterde goud;+
En soeter as heuning+ en die vloeiende heuning van die koeke.+