Van Dawid.
26 Oordeel my,+ o Jehovah, want ek het in my onkreukbaarheid gewandel,+
En op Jehovah het ek vertrou, sodat ek nie wankel nie.+
2 Ondersoek my, o Jehovah, en stel my op die proef;+
Louter my niere en my hart.+
3 Want u liefderyke goedhartigheid is voor my oë,
En ek het in u waarheid gewandel.+
4 Ek het nie by mense van onwaarheid gesit nie;+
En by dié wat verberg wat hulle is, gaan ek nie in nie.+
5 Ek het die gemeente van kwaaddoeners gehaat,+
En by die goddeloses sit ek nie.+
6 Ek sal my hande in onskuld was,+
En ek sal rondom u altaar gaan, o Jehovah,+
7 Om danksegging luid te laat hoor,+
En om al u wonderlike werke bekend te maak.+
8 Jehovah, ek het die woning van u huis liefgehad+
En die woonplek van u heerlikheid.+
9 Moenie my siel saam met sondaars wegneem nie,+
Ook nie my lewe saam met bloedskuldige mense nie,+
10 In wie se hande daar losbandige gedrag is,+
En wie se regterhand vol omkopery is.+
11 Wat my betref, ek sal in my onkreukbaarheid wandel.+
Verlos my+ tog en betoon guns aan my.+
12 My voet sal beslis op ’n gelykte staan;+
Onder die versamelde menigtes sal ek Jehovah loof.+