Psalms
Van Dawid.
28 Ek bly u aanroep, o Jehovah.+
O my Rots, moenie doof wees vir my nie,+
Sodat u nie teenoor my stilbly nie+
En ek nie hoef te word soos dié wat in die kuil afdaal nie.+
2 Hoor die stem van my dringende versoeke wanneer ek tot u om hulp roep,
Wanneer ek my hande ophef+ na die binneste vertrek van u heiligdom.+
3 Moet my nie wegsleep saam met die goddeloses en saam met dié wat skadelike dinge beoefen nie,+
Dié wat woorde van vrede met hulle metgeselle spreek,+ terwyl daar kwaad in hulle hart is.+
4 Gee aan hulle volgens hulle optrede+
En volgens die slegtheid van hulle handelinge.+
Ja, gee aan hulle volgens die werk van hulle hande.+
Vergeld hulle volgens hulle dade.+
5 Want hulle slaan geen ag op die bedrywighede van Jehovah nie,+
Ook nie op die werk van sy hande nie.+
Hy sal hulle afbreek en hulle nie opbou nie.
6 Mag Jehovah geloof word, want hy het die stem van my dringende versoeke gehoor.+