Psalms
’n Melodie. ’n Lied vir die inwyding van die huis.+ Van Dawid.
30 Ek sal u verhef, o Jehovah, want u het my opgetrek+
En u het my vyande nie toegelaat om oor my bly te wees nie.+
2 O Jehovah, my God, ek het tot u om hulp geroep, en u het my gesond gemaak.+
3 O Jehovah, u het my siel uit Sjeool laat opkom;+
U het my aan die lewe gehou, sodat ek nie in die kuil sou afdaal nie.+
4 Besing Jehovah met melodieë, o sy lojales,+
Bring dank aan sy heilige gedagtenis;+
5 Want om onder sy toorn te wees, is vir ’n oomblik,+
Om onder sy welwillendheid te wees, is lewenslank.+
In die aand kan gehuil sy intrek neem,+ maar in die oggend is daar vreugdegeroep.+
7 O Jehovah, in u welwillendheid het u my berg in sterkte laat staan.+
U het u aangesig verberg; ek het ontsteld geraak.+