Psalms
Van Dawid. Maskil.
32 Gelukkig is hy wie se opstandigheid vergewe word, wie se sonde bedek word.+
2 Gelukkig is die mens aan wie Jehovah die oortreding nie toereken nie,+
En in wie se gees daar geen bedrog is nie.+
3 Toe ek stilgebly het, het my gebeente weggeteer deur my gekreun die hele dag.+
4 Want u hand was dag en nag swaar op my.+
My lewensap is verander soos in die droë somerhitte.+ Sela.
5 My sonde het ek uiteindelik aan u bely, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.+
Ek het gesê: “Ek sal aan Jehovah belydenis doen van my oortredings.”+
En u het die ongeregtigheid van my sondes vergewe.+ Sela.
6 Daarom sal elke lojale tot u bid+
Net op ’n tyd dat u te vinde is.+
Wat die vloed van baie waters betref, dit sal nie aan hom raak nie.+
7 U is ’n skuilplek vir my; u sal my bewaar van benoudheid.+
Met vreugdevolle uitroepe omdat ontkoming verskaf is, sal u my omring.+ Sela.
8 “Ek sal jou insig gee en jou onderrig in die weg wat jy moet gaan.+
Ek sal raad gee met my oog op jou.+
9 Julle moenie soos ’n perd of ’n muil sonder verstand word nie,+
Wie se vurigheid selfs met ’n toom of ’n halter bedwing moet word+
Voordat hulle naby jou sal kom.”+