Psalms
Vir die musiekleier. Van Jehovah se kneg, Dawid.
36 Die woorde van oortreding is vir die goddelose in die binneste van sy hart;+
Daar is geen vrees vir God voor sy oë nie.+
2 Want hy het te vleiend teenoor homself gehandel in sy eie oë+
Om sy oortreding uit te vind ten einde dit te haat.+
4 Skadelike planne bly hy op sy bed beraam.+
Hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie.+
Wat sleg is, verwerp hy nie.+
6 U regverdigheid is soos die berge van God;+
U regterlike beslissing is ’n groot waterdiepte.+
U red mens en dier, o Jehovah.+
7 Hoe kosbaar is u liefderyke goedhartigheid tog, o God!+
En in die skaduwee van u vleuels soek die mensekinders toevlug.+
8 Hulle drink tot versadiging toe van die vettigheid van u huis;+
En van die stroom van u genietinge laat u hulle drink.+
10 Laat u liefderyke goedhartigheid voortduur vir dié wat u ken,+
En u regverdigheid vir die opregtes van hart.+