’n Melodie van Dawid, om in herinnering te bring.
38 O Jehovah, moet my nie in u verontwaardiging teregwys+
Of my in u woede bestraf nie.+
2 Want u pyle het diep in my ingedring,+
En op my het u hand neergedaal.+
3 Daar is geen gesonde plek aan my vlees weens u veroordeling nie.+
Daar is geen vrede in my gebeente weens my sonde nie.+
4 Want my eie oortredings het oor my hoof gegaan;+
Soos ’n swaar vrag is hulle vir my te swaar.+
5 My wonde het begin stink, hulle het gesweer,
Weens my dwaasheid.+
6 Ek het ontsteld geraak, ek het my baie laag neergebuig;+
Die hele dag het ek bedroef rondgeloop.+
7 Want my lendene brand oral,
En daar is geen gesonde plek aan my vlees nie.+
8 Ek is lamgeslaan en erg verbryseld;
Ek het gebrul weens die gekreun van my hart.+
9 O Jehovah, voor u is al my begeertes,
En my gesug is vir u nie verborge nie.+
10 My hart het gebons, my krag het my verlaat,
En die lig van my oë is ook nie by my nie.+
11 Dié wat my liefhet en my metgeselle is, bly ver van my plaag af staan,+
En dié wat my goed ken, het op ’n afstand gestaan.+
12 Maar dié wat my siel soek, span valstrikke,+
En dié wat hulle vir my rampspoed beywer, het van teëspoed gepraat,+
En die hele dag bly hulle bedrog mompel.+
13 Wat my betref, soos ’n dowe het ek nie geluister nie;+
En soos ’n stomme het ek my mond nie oopgemaak nie.+
14 En ek het geword soos ’n man wat nie hoor nie,
En in my mond was daar geen teenargumente nie.
15 Want op u, o Jehovah, het ek gewag;+
U het geantwoord, o Jehovah my God.+
16 Want ek het gesê: “Anders sal hulle bly wees oor my;+
Wanneer my voet wankel,+ sal hulle hulle beslis baie groot hou teen my.”+
17 Want ek het op die punt gestaan om mank te word,+
En my pyn was voortdurend voor my.+
18 Want ek het my eie oortreding bekend gemaak;+
Ek het my begin kwel oor my sonde.+
19 En my vyande wat lewe, het magtig geword,+
En dié wat my sonder rede haat, het talryk geword.+
20 En hulle het my kwaad vir goed vergeld;+
Hulle het my bly teëstaan omdat ek die goeie nastreef.+
21 Moet my nie verlaat nie, o Jehovah.
O my God, moenie ver van my af bly nie.+
22 Snel my tog te hulp,+
O Jehovah, my redding.+