Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.
41 Gelukkig is elkeen wat ag gee op die geringe;+
In die dag van rampspoed sal Jehovah aan hom ontkoming verskaf.+
2 Jehovah sal hom bewaar en hom in die lewe hou.+
Hy sal gelukkig genoem word op die aarde;+
En u kan hom onmoontlik aan die siel van sy vyande oorgee.+
3 Jehovah sal hom op ’n siekbed onderskraag;+
Sy hele bed sal u beslis gedurende sy siekte verander.+
4 Wat my betref, ek het gesê: “O Jehovah, betoon guns aan my.+
Genees tog my siel, want ek het teen u gesondig.”+
6 En as iemand kom om my te sien, sal sy hart onwaarheid spreek;+
Hy sal vir hom iets skadeliks bymekaarmaak;
Hy sal uitgaan; buite sal hy daaroor praat.+
7 Almal wat my haat, fluister eensgesind onder mekaar teen my;+
Hulle bly iets slegs teen my beraam:+
9 Ook die man wat in vrede met my gelewe het, op wie ek vertrou het,+
Wat my brood geëet het,+ het sy hakskeen teen my groot gemaak.+