Psalms
TWEEDE BOEK
Vir die musiekleier. Maskil vir die kinders van Korag.+
3 My trane het dag en nag vir my voedsel geword,+
Terwyl hulle die hele dag vir my sê: “Waar is jou God?”+
4 Aan hierdie dinge sal ek dink, en ek sal my siel in my uitstort.+
Want ek het altyd saam met die menigte voortbeweeg,
Ek het stadig voor hulle uit na die huis van God geloop,+
Met die stem van vreugdegeroep en danksegging+
Van ’n feesvierende skare.+
5 Waarom is jy wanhopig, o my siel,+
En waarom is jy onstuimig in my?+
Wag op God,+
Want ek sal hom nog prys as my grootse redding.+
6 O my God, my siel is wanhopig in my.+
Daarom dink ek aan u,+
Van die land van die Jordaan en die pieke van Hermon af,+
Van die klein berg af.+
7 Waterdiepte roep na waterdiepte
By die geluid van u waterstrome.
Al u branders en u golwe+—
Oor my het hulle heengegaan.+
8 Bedags sal Jehovah sy liefderyke goedhartigheid bevel gee,+
En snags sal sy lied by my wees;+
Daar sal ’n gebed tot die God van my lewe wees.+
9 Ek sal vir God, my groot rots,+ sê:
“Waarom het u my vergeet?+
Waarom loop ek bedroef rond weens die verdrukking van die vyand?”+