Psalms
Vir die musiekleier, op “Die lelies”. Van die kinders van Korag. Maskil. ’n Lied van die geliefde vroue.
2 U is inderdaad mooier as die mensekinders.+
Minsaamheid is op u lippe uitgestort.+
Daarom het God u tot onbepaalde tyd geseën.+
4 En gaan in u prag voort tot sukses;+
Ry ter wille van waarheid en nederigheid en regverdigheid,+
En u regterhand sal u in vreesinboesemende dinge onderrig.+
6 God is u troon tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig;+
Die septer van u koningskap is ’n septer van reg.+
7 U het regverdigheid liefgehad+ en u haat goddeloosheid.+
Daarom het God, u God,+ u met vreugdeolie+ gesalf,+ meer as u metgeselle.+
8 Al u klere is mirre en aalwynhout en kassia;+
Vanuit die grootse ivoorpaleis+ het snaarinstrumente u bly gemaak.
9 Die dogters+ van konings is onder u kosbare vroue.
Die koninklike gemalin+ het aan u regterhand gaan staan in goud van Ofir.+
14 In geweefde klere sal sy na die koning toe gelei word.+
Die maagde in haar gevolg as haar metgeselle word na u toe gebring.+
15 Hulle sal met blydskap en vreugde gebring word;
Hulle sal in die paleis van die koning ingaan.