Psalms
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag.+ ’n Melodie.
49 Hoor dit, alle volke.
Luister, alle bewoners van die stelsel van dinge,+
2 O kinders van die mensdom asook kinders van manne,
Die ryke en die arme tesame.+
6 Dié wat op hulle middele vir lewensonderhoud vertrou+
En wat oor die oorvloed van hulle rykdom bly roem,+
7 Nie een van hulle kan ooit selfs ’n broer loskoop+
Of aan God ’n losprys vir hom gee nie
8 (En die loskoopprys vir hulle siel is so kosbaar+
Dat dit tot onbepaalde tyd ontbreek),
9 Sodat hy nog vir ewig sou lewe en die kuil nie sou sien nie.+
10 Want hy sien dat selfs die wyses sterf,+
Die sot en die redelose kom tesame om,+
En hulle sal hulle middele vir lewensonderhoud aan ander nalaat.+
11 Hulle innerlike wens is dat hulle huise tot onbepaalde tyd sal wees,+
Hulle wonings van geslag tot geslag.+
Hulle het hulle grondeiendom na hulle name genoem.+
12 En tog kan die mens, al is hy in aansien, nie bly vertoef nie;+
Hy is inderdaad soos die diere wat doodgemaak is.+
13 Dit is die weg van dié wat dwaas is,+
En van dié wat ná hulle kom, wat in hulle woorde behae skep. Sela.
14 Soos skape is hulle vir Sjeool bestem;+
Die dood sal hulle as herder lei;+
En die regskapenes sal hulle in die oggend in onderworpenheid hê,+
En hulle gedaante sal wegteer;+
Sjeool in plaas van ’n verhewe woning is vir elkeen.+
16 Moenie bang wees omdat ’n man rykdom verwerf,+
Omdat die heerlikheid van sy huis toeneem nie,+
17 Want by sy dood kan hy hoegenaamd niks saamneem nie;+
Sy heerlikheid sal nie saam met hom afdaal nie.+