Psalms
Vir die musiekleier, op snaarinstrumente. Maskil. Van Dawid.
2 Skenk tog aandag aan my en antwoord my.+
Ek word rusteloos heen en weer gedryf deur my besorgdheid,+
En ek kan nie anders as om ongerustheid te openbaar nie,
3 Vanweë die stem van die vyand, weens die druk van die goddelose.+
Want hulle bly op my neerwerp wat skadelik is,+
En in toorn is hulle my vyandiggesind.+
Ek sou in die wildernis vertoef.+—Sela—
8 Ek sou my haas na ’n plek van ontkoming vir my,
Teen die voortstuwende wind, teen die storm.”+
12 Want dit was nie ’n vyand wat my gesmaad het nie;+
Anders sou ek dit kon verdra.
Dit was nie iemand wat my intens haat wat hom baie groot teen my gehou het nie;+
Anders sou ek my vir hom kon verberg.+
13 Maar dit was jy, ’n sterflike mens wat my gelyke was,+
Iemand met wie ek vertroulik omgegaan het en wat ’n kennis van my was,+
14 Want ons het aangename intimiteit met mekaar geniet;+
Na die huis van God het ons saam met die menigte geloop.+
15 Laat verwoestings oor hulle kom!+
Laat hulle lewend in Sjeool afdaal;+
Want gedurende hulle vreemdelingskap was daar slegte dinge in hulle.+
17 Saans en soggens en smiddags kan ek nie anders as om besorgdheid te toon nie, en ek kerm,+
En hy hoor my stem.+
18 Hy sal my siel beslis verlos en dit vrede gee van die stryd wat daar teen my is,+
Want in menigtes het hulle teen my gekom.+
19 God sal hoor en hulle antwoord,+
Ja, Hy wat op die troon sit soos in die verlede+—Sela—
Hulle by wie daar geen veranderinge is nie+
En wat God nie gevrees het nie.+
20 Hy het sy hande uitgesteek teen dié wat in vrede met hom verkeer het;+
Hy het sy verbond ontheilig.+
21 Gladder as botter is die woorde van sy mond,+
Maar sy hart is geneig om te veg.+
Sy woorde is sagter as olie,+
Maar hulle is ontblote swaarde.+