Psalms
Vir die musiekleier. “Moenie verderf nie.” Van Dawid. Miktam.
58 Kan julle in julle stilswye werklik oor regverdigheid praat?+
Kan julle in geregtigheid oordeel, o mensekinders?+
2 Hoeveel eerder beoefen julle met die hart volslae onregverdigheid op die aarde+
En berei julle die weg vir die geweld van julle hande!+
3 Die goddeloses is al van die moederskoot af verdraaid;+
Hulle het van die skoot af rondgedwaal.
Hulle spreek leuens.+
4 Hulle gif is soos die gif van die slang,+
Doof soos die kobra wat sy oor toestop,+
5 Wat nie na die stem van die besweerders sal luister nie,+
Hoewel ’n wyse towerspreuke uitspreek.+
7 Laat hulle oplos soos in waters wat wegloop;+
Laat hy die boog vir sy pyle span terwyl hulle inmekaarsak.+
8 Soos ’n slak wat wegsmelt, loop hy;
Soos ’n misgeboorte van ’n vrou sal hulle beslis nie die son sien nie.+
9 Voordat julle potte die brandende doringstruik voel,+
Die lewende groene sowel as die een wat brand, sal hy dit soos ’n stormwind wegvoer.+