Psalms
Vir die musiekleier. “Moenie verderf nie.” Van Dawid. Miktam. Toe Saul gestuur en hulle die huis bly bewaak het om hom dood te maak.+
3 Want kyk! hulle het op die loer gelê na my siel;+
Sterkes val my aan,+
Nie weens enige opstandigheid van my kant of enige sonde van my kant nie, o Jehovah.+
4 Hoewel daar geen oortreding is nie, hardloop hulle en maak hulle hulle gereed.+
Ontwaak tog wanneer ek roep, en kyk.+
5 En u, o Jehovah God van die leërs, is die God van Israel.+
Word tog wakker om u aandag op al die nasies te rig.+
Moenie guns betoon aan enige kwaadwillige verraaier nie.+ Sela.
10 Die God van liefderyke goedhartigheid teenoor my sal my tegemoetkom;+
God sal my op my vyande laat neersien.+
11 Moet hulle nie doodmaak nie, sodat my volk dit nie vergeet nie.+
Laat hulle deur u lewenskragtigheid rondswerf,+
En werp hulle neer, o ons skild, Jehovah,+
12 Weens die sonde van hulle mond, die woord van hulle lippe;+
En laat hulle gevang word in hulle trots,+
Ja, weens die vervloeking en die bedrog wat hulle voortdurend uitspreek.
13 Maak in woede ’n einde aan hulle;+
Maak ’n einde aan hulle, sodat hulle daar nie meer is nie;
En laat hulle weet dat God in Jakob heers tot aan die eindes van die aarde.+ Sela.