Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie, ’n lied.
68 Laat God opstaan,+ laat sy vyande verstrooi word,+
En laat dié wat hom intens haat, vir hom vlug.+
2 Mag u hulle verdryf soos rook verdryf word;+
Soos was weens die vuur smelt,+
Laat die goddeloses so voor God vergaan.+
3 Maar wat die regverdiges betref, laat hulle bly wees,+
Laat hulle uitgelate wees voor God,+
En laat hulle met blydskap jubel.+
4 SING tot God, besing sy naam met melodieë;+
Hef ’n lied aan vir die Een wat deur die woestynvlaktes ry+
As Jah, wat sy naam is;+ en jubel voor hom;
5 ’n Vader van vaderlose seuns en ’n regter van weduwees+
Is God in sy heilige woonplek.+
6 God laat die eensames in ’n huis woon;+
Hy lei gevangenes uit na algehele voorspoed.+
Maar wat die hardkoppiges betref, hulle moet in ’n verskroeide land woon.+
7 O God, toe u voor u volk uitgetrek het,+
Toe u deur die woestyn gestap het+—Sela—
Ook het die hemel gedrup weens God;+
9 ’n Oorvloedige stortreën het u laat val, o God;+
U erfdeel, ja, toe dit afgemat was, het u dit weer krag gegee.+
10 U tentgemeenskap+—hulle het daarin gewoon;+
Met u goedheid het u dit vir die geteisterde berei, o God.+
12 Selfs die konings van leërs vlug, hulle vlug.+
Wat haar betref wat by die huis bly, sy deel in die buit.+
13 Hoewel julle tussen die ashope van die kamp bly lê het,
Sal daar die vlerke van ’n duif wees wat met silwer oorgetrek is
En sy vlerkpunte met geelgroen goud.+
16 Waarom bly julle, o berge met pieke, met afguns kyk na
Die berg wat God vir hom begeer het om daarop te woon?+
Ja, Jehovah sal vir ewig daar woon.+
17 Die strydwaens van God is tienduisende, duisende en nogmaals duisende.+
Jehovah het van Sinai af in die heiligdom ingekom.+
U het gevangenes weggevoer;+
U het gawes in die vorm van mense geneem,+
Ja, selfs die hardkoppiges,+ om onder hulle te woon,+ o Jah God.
20 Die ware God is vir ons ’n God van reddingsdade;+
En aan Jehovah, die Soewereine+ Heer, behoort die weë wat uit die dood lei.+
21 Waarlik, God sal die kop van sy vyande verbrysel,+
Die harige kroon van die kop van enigiemand wat in sy skuld rondwandel.+
22 Jehovah het gesê: “Uit Basan sal ek terugbring,+
Ek sal hulle terugbring uit die dieptes van die see,+
23 Sodat jy jou voet in bloed kan was,+
Sodat die tong van jou honde sy deel van die vyande kan hê.”+
25 Vooraan het die sangers gegaan, agter hulle die spelers op snaarinstrumente;+
Tussenin was die meisies wat tamboeryne slaan.+
27 Daar is klein Benjamin, wat hulle onderwerp,+
Die vorste van Juda met hulle juigende menigte,
Die vorste van Seʹbulon, die vorste van Nafʹtali.+
30 Bestraf die wilde dier van die riete,+ die vergadering van bulle,+
Saam met die kalwers van die volke, wat elkeen stukke silwer vertrap.+
Hy het die volke verstrooi wat behae skep in gevegte.+