Psalms
3 Word vir my ’n rotsvesting waar ek voortdurend kan ingaan.+
U moet bevel gee om my te red,+
Want u is my groot rots en my vesting.+
4 O my God, verskaf aan my ontkoming uit die hand van die goddelose,+
Uit die palm van die een wat onreg pleeg en verdruk.+
5 Want u is my hoop,+ o Soewereine Heer Jehovah, my vertroue van my jeug af.+
6 Op u het ek gesteun van die moederskoot af;+
U is die Een wat my selfs van die liggaam van my moeder geskei het.+
In u is my lof voortdurend.+
9 Moet my nie wegwerp in die tyd van die ouderdom nie;+
Moet my nie verlaat juis wanneer my krag ingee nie.+
10 Want my vyande het van my gesê,+
En dié wat op die loer is vir my siel, het saam raad gehou+
11 En gesê: “God het hom verlaat.+
Agtervolg en vang hom, want daar is geen verlosser nie.”+
13 Laat dié wat my siel teëstaan, beskaamd word, laat hulle aan hulle einde kom.+
Laat dié wat rampspoed vir my soek, hulleself met smaad en vernedering bedek.+
15 My mond sal u regverdigheid verkondig,+
Die hele dag u redding,+
Want ek het hulle getal nie te wete gekom nie.+
16 Ek sal in grootse mag kom,+ o Soewereine+ Heer Jehovah;
Ek sal u regverdigheid vermeld, dié van u alleen.+
18 En selfs tot die ouderdom en grysheid toe, o God, moet u my nie verlaat nie,+
Totdat ek vir die geslag van u arm kan vertel,+
Vir almal wat sal kom, van u mag.+
19 U regverdigheid, o God, is tot in die hoogte;+
Wat die groot dinge betref wat u gedoen het,+
O God, wie is soos u?+
20 Omdat u my baie benoudhede en rampspoede laat sien het+—
Maak my tog weer lewend;+
En laat my weer uit die waterdieptes van die aarde opkom.+
22 Ook ek, ek sal u op ’n snaarinstrument prys,+
Weens u waaragtigheid, o my God.+
Ek sal u met melodieë op die harp besing, o Heilige van Israel.+