DERDE BOEK
(Psalm 73 – 89)
’n Melodie van Asaf.+
73 God is inderdaad goed vir Israel, vir dié wat rein van hart is.+
2 Wat my betref, my voete het amper afgewyk,+
My voetstappe het byna uitgegly.+
3 Want ek het afgunstig geraak op die grootpraters+
Toe ek die vrede van die goddeloses sien.+
4 Want hulle het geen doodspyne nie;+
En hulle buik is vet.+
5 Hulle ervaar nie eens die moeite van die sterflike mens nie,+
En hulle word nie soos ander mense gekwel nie.+
6 Daarom was hoogmoed vir hulle ’n halssnoer;+
Geweld omhul hulle soos ’n kleed.+
7 Hulle oog het uitgepeul van vetheid;+
Hulle het die voorstellings van die hart oortref.+
8 Hulle spot en praat oor wat sleg is;+
Oor kullery praat hulle uit die hoogte.+
9 Hulle het hulle mond in die hemel gestel,+
En hulle tong wandel rond op die aarde.+
10 Daarom bring hy sy volk hierheen terug,
En die waters van wat vol is, word vir hulle afgetap.
11 En hulle het gesê: “Hoe het God dit te wete gekom?+
En is daar kennis by die Allerhoogste?”+
12 Kyk! Dít is die goddeloses, wat vir onbepaalde tyd gerus is.+
Hulle het hulle middele vir lewensonderhoud vermeerder.+
13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart gereinig+
En was ek my hande in onskuld.+
14 En ek word die hele dag gekwel,+
En my teregwysing is elke oggend daar.+
15 As ek gesê het: “Ek sal so iets vertel”,
Kyk! teen die geslag van u kinders
Sou ek verraderlik gehandel het.+
16 En ek het bly nadink om dit te verstaan;+
Dit was iets moeiliks in my oë,
17 Totdat ek in die grootse heiligdom van God ingegaan het.+
Ek wou op hulle toekoms let.+
18 Waarlik, op glibberige grond plaas u hulle.+
U het hulle in puin laat val.+
19 Hoe het hulle tog soos in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing geword!+
Hoe het hulle aan hulle einde gekom, het skielike verskrikkinge ’n einde aan hulle gemaak!
20 Soos ’n droom nadat ’n mens wakker geword het, o Jehovah,+
So sal u, wanneer u ontwaak, hulle beeld verag.+
21 Want my hart was verbitterd,+
En in my niere het ek skerp pyne gevoel,+
22 En ek was redeloos en kon nie verstaan nie;+
Ek het vanuit u standpunt soos blote diere geword.+
23 Maar ek is voortdurend by u;+
U het my regterhand gevat.+
24 Met u raad sal u my lei,+
En daarna sal u my selfs tot heerlikheid voer.+
25 Wie het ek in die hemel?+
En buiten u het ek geen ander behae op die aarde nie.+
26 My liggaam en my hart het ingegee.+
God is die rots van my hart en my deel tot onbepaalde tyd.+
27 Want kyk! dié wat hulle ver van u af hou, sal vergaan.+
U sal beslis almal tot swye bring wat u op onsedelike wyse verlaat.+
28 Maar wat my betref, dit is vir my goed om nader aan God te kom.+
In die Soewereine Heer Jehovah het ek my toevlug gestel,+
Om al u werke bekend te maak.+