Vir die musiekleier. “Moenie verderf nie.” ’n Melodie. Van Asaf.+ ’n Lied.
75 Ons dank u, o God; ons dank u,+
En u naam is naby.+
Mense moet u wonderbare werke bekend maak.+
2 “Want ek het ’n vasgestelde tyd geneem;+
Ek het in geregtigheid begin oordeel.+
3 Die aarde en al sy bewoners het weggesmelt,+
En ek het sy pilare reggesit.”+ Sela.
4 Ek het vir die dwase gesê: “Moenie dwaas wees nie”,+
En vir die goddeloses: “Moenie die horing verhef nie.+
5 Moenie julle horing in die hoogte verhef nie.
Moenie met ’n trotse nek praat nie.+
6 Want nie uit die ooste of uit die weste
Of uit die suide is daar verheffing nie.
7 Want God is die regter.+
Hy verneder die een en verhef die ander.+
8 Want daar is ’n beker in die hand van Jehovah,+
En die wyn skuim, dit is vol van ’n mengsel.
En hy sal beslis die afsaksel daaruit gooi;
Al die goddeloses van die aarde sal dit opslurp, dit drink.”+
9 Maar wat my betref, ek sal dit tot onbepaalde tyd verkondig;
Ek sal die God van Jakob met melodieë besing.+
10 “En al die horings van die goddeloses sal ek afkap.”+
Die horings van die regverdige sal verhef word.+