Vir die musiekleier, op Jeduʹtun. Van Asaf.+ ’n Melodie.
77 Met my stem sal ek tot God roep,+
Met my stem tot God, en hy sal beslis na my luister.+
2 In die dag van my benoudheid het ek Jehovah gesoek.+
Snags is my hand uitgestrek en word dit nie lam nie;
My siel het geweier om vertroos te word.+
3 Ek sal aan God dink en onstuimig wees;+
Ek sal besorgdheid toon, sodat my gees versmag.+ Sela.
4 U het my ooglede vasgegryp;+
Ek het ontsteld geword en kan nie praat nie.+
5 Ek het gedink oor die dae van lank gelede,+
Oor die jare in die onbepaalde verlede.
6 Ek sal in die nag aan my snarespel dink;+
Met my hart sal ek besorgdheid toon,+
En my gees sal sorgvuldig ondersoek.
7 Sal Jehovah tot onbepaalde tye bly verstoot,+
En sal hy hom nooit weer laat behaag nie?+
8 Het sy liefderyke goedhartigheid vir ewig geëindig?+
Het sy woord van geslag tot geslag op niks uitgeloop nie?+
9 Het God vergeet om gunstiggesind te wees,+
Of het hy in toorn sy barmhartighede toegesluit?+ Sela.
10 En sal ek bly sê: “Dít deurboor my,+
Dat die regterhand van die Allerhoogste verander”?+
11 Ek sal aan die handelinge van Jah dink;+
Want ek sal aan u wonderdade van lank gelede dink.+
12 En ek sal beslis oor al u dade peins,+
En u handelinge sal ek oordink.+
13 O God, u weg is in die heiligdom.+
Wie is ’n groot God soos God?+
14 U is die ware God, wat wonderbaarlik handel.+
Onder die volke het u u sterkte bekend gemaak.+
15 Met u arm het u u volk verlos,+
Die kinders van Jakob en van Josef. Sela.
16 Die waters het u gesien, o God,
Die waters het u gesien; hulle het begin ineenkrimp van pyn.+
Ook het die waterdieptes in beroering geraak.+
17 Die wolke het donderend water uitgegiet;+
Die bewolkte lug het ’n geluid laat hoor.
Ook het u pyle in alle rigtings gevlieg.+
18 Die geluid van u donder was soos strydwawiele;+
Weerligstrale het die vrugbare land verlig;+
Die aarde het in beroering geraak en begin bewe.+
19 U weg het deur die see geloop+
En u pad deur baie waters;
En u voetspore het nie bekend geword nie.
20 U het u volk net soos ’n kudde gelei,+
Deur die hand van Moses en Aäron.+