Psalms
’n Melodie van Asaf.
79 O God, die nasies het in u erfdeel ingekom;+
Hulle het u heilige tempel verontreinig;+
Hulle het Jerusalem ’n puinhoop gemaak.+
2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel as voedsel gegee,+
Die vlees van u lojales aan die wilde diere van die aarde.+
6 Stort u woede uit oor die nasies wat u nie geken het nie+
En oor die koninkryke wat u naam nie aangeroep het nie.+
8 Moenie tot ons nadeel aan die oortredings van die voorouers dink nie.+
Maak gou! Laat u barmhartighede ons tegemoetkom,+
Want ons het baie verarm.+
9 Help ons, o God van ons redding,+
Ter wille van die heerlikheid van u naam;+
En verlos ons en bedek ons sondes ter wille van u naam.+
10 Waarom sou die nasies sê: “Waar is hulle God?”+
Laat die wraak oor die vergote bloed van u knegte+
Voor ons oë onder die nasies bekend word.+
11 Laat die gesug van die gevangene voor u kom.+
Bewaar volgens die grootheid van u arm dié wat vir die dood bestem is.+