Vir die musiekleier, op “Die Lelies”.+ ’n Herinnering. Van Asaf.+ ’n Melodie.
80 O Herder van Israel, luister tog,+
U wat Josef net soos ’n kudde lei.+
O u wat op die gerubs sit,+ straal tog.+
2 Wek tog u mag op voor Eʹfraim en Benjamin en Manasʹse,+
En kom tog tot ons redding.+
3 O God, bring ons terug;+
En laat u aangesig skyn, sodat ons gered kan word.+
4 O Jehovah, God van die leërs, hoe lank nog moet u toorn teen die gebed van u volk rook?+
5 U het hulle tranebrood laat eet,+
En u laat hulle voortdurend trane en nogmaals trane in groot mate drink.+
6 U maak ons ’n voorwerp van twis vir ons bure,+
En ons vyande bly spot soos dit hulle behaag.+
7 O God van die leërs, bring ons terug;+
En laat u aangesig skyn, sodat ons gered kan word.+
8 U het ’n wingerdstok uit Egipte laat vertrek.+
U het die nasies bly verdryf, sodat u hom kon plant.+
9 U het voor hom ’n oop plek gemaak,+ sodat hy kon wortelskiet en die land kon vul.+
10 Die berge was met sy skaduwee bedek,
En die seders van God met sy takke.+
11 Hy het geleidelik sy takke tot by die see uitgestoot,+
En sy lote tot by die Rivier.+
12 Waarom het u sy klipmure afgebreek,+
En waarom het almal wat met die pad verbygaan, aan hom gepluk?+
13 ’n Wildevark uit die bos bly hom afvreet,+
En die diere wat op die oop veld wemel, bly hom afwei.+
14 O God van die leërs, keer asseblief terug;+
Kyk uit die hemel af en sien en sorg vir hierdie wingerdstok+
15 En die stok wat u regterhand geplant het,+
En aanskou die seun wat u vir u sterk gemaak het.+
16 Hy is met vuur verbrand, afgekap.+
Weens die bestrawwing van u aangesig vergaan hulle.+
17 Laat u hand oor die man van u regterhand wees,+
Oor die menseseun wat u vir u sterk gemaak het,+
18 En ons sal ons nie van u afkeer nie.+
Mag u ons in die lewe hou, sodat ons u naam kan aanroep.+
19 O Jehovah, God van die leërs, bring ons terug;+
Laat u aangesig skyn, sodat ons gered kan word.+