Psalms
Vir die musiekleier, op die Gittit.+ Van die kinders van Korag. ’n Melodie.
2 My siel het vurig verlang en ook gesmag na die voorhowe van Jehovah.+
My hart en my vlees roep met vreugde uit tot die lewende God.+
3 Selfs die voël het ’n huis gevind
En die swaeltjie ’n nes vir haar,
Waar sy haar kleintjies neergelê het—
U grootse altaar, o Jehovah van die leërs, my Koning en my God!
6 Wanneer hulle deur die laagvlakte van die bakabosse trek,+
Verander hulle dit in ’n fontein;
Ja, die onderrigter+ omhul hom met seëninge.
10 Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend elders.+
Ek het verkies om liewer by die drumpel in die huis van my God te staan+
As om in die tente van goddeloosheid rond te gaan.+
11 Want Jehovah God is ’n son+ en ’n skild;+
Hy gee guns en heerlikheid.+
Jehovah sal niks goeds terughou van dié wat in onberispelikheid wandel nie.+
12 O Jehovah van die leërs, gelukkig is die mens wat op u vertrou.+