Psalms
’n Gebed van Dawid.
5 Want u, o Jehovah, is goed+ en vergewensgesind;+
En die liefderyke goedhartigheid teenoor almal wat u aanroep, is oorvloedig.+
9 Al die nasies wat u gemaak het, sal kom,+
En hulle sal hulle voor u neerbuig, o Jehovah,+
En sal aan u naam heerlikheid gee.+
11 Onderrig my, o Jehovah, aangaande u weg.+
Ek sal in u waarheid wandel.+
Verenig my hart om u naam te vrees.+
12 Ek prys u, o Jehovah my God, met my hele hart,+
En ek sal u naam tot onbepaalde tyd verheerlik,
13 Want u liefderyke goedhartigheid is groot teenoor my,+
En u het my siel uit Sjeool, sy laagste plek, verlos.+
14 O God, die vermeteles het teen my opgestaan;+
En die vergadering van tiranne het my siel gesoek,+
En hulle het u nie voor hulle gestel nie.+
15 Maar u, o Jehovah, is ’n barmhartige en genadige God,+
Wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid.+